• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n interne verhoor aangeleentheid moet wees maar ek probeer fyntjies en ongemerk met verlepte oë sy gesigsuitdrukking ontrafel vir enige teken dat hy my dalk gehoor het. Gelukkig het ek darem elke keer my keel skoongemaak so asof ek presies weet wat ek doen en in totale beheer is van elke aksie (...en geluid!)

Ek is wawyd wakker en nou probeer ek die snork naboots om te probeer vasstel of die ouens dit dalk kon gehoor het. Met my eerste probeer slag skrik ek so groot (gits!) dat ek nie verder probeer eksperimenteer nie. Ek sien hulle in elkgeval nooit weer nie, "so what". Wel ek het my naam geruk - dis verseker!. Ek kan al sien hoe hulle hierdie een met smaak oorvertel.

Wel ten minste het ek nie "jy-weet-wat" gedoen nie. Dit sou baie meer ongemak tussen die sardientjies veroorsaak het. Probeer daai een wegsteek... Hierdie is natuurlik 'n moeilike een in 'n voertuig vol vreemde mense nê? Solank jy maak of niks verkeerd is nie is jy veilig. Maar maak nou net 'n venster oop dan wonder die mense; "Maak hy oop omrede hy skuldig en verleë is of het hy hom vervies en kan hy dit nie meer hanteer nie?" Dit kan 'n ongemaklike stilte (en reputasie) meebring...

(Ek probeer nou ernstig wees, maar ek weet ek het myself nou in die moeilikheid ingeskryf, so ek moet myself seker maar hieruit skryf - hoe weet ek nie en elke probeerslag om ernstig te wees klink vir my maar bra oppervlakkig. Miskien moet jy eers iets anders lees dan kom jy later terug en gaan hieronder aan?)

Eintlik is ek nogal bly ek het nie gister klaargemaak nie. Die opskrif het deur die dag in my gedagtes gemaal en die volgende teksvers het by my opgekom;

Luk 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Om die Here te dien is nie net 'n "gevoelsding" nie, nie net emosie nie. Daar is 'n groot deel logika wat daarmee saamgaan. Soms moet jy gaan met jou emosie, dit wat jou hart vir jou sê, soms moet jy gaan met wat jou kop vir jou sê. Gister het ek dalk op 'n grapperige manier hierna gekyk maar daar is eintlik 'n groot waarheid wat hieragter skuil. Dis iets wat in die sakewêreld soms 'n moeilik ding kan wees om toe te pas en uit te leef.

Wanneer dit kom by God se Woord hoef jy nie noodwendig jou emosie te gebruik nie. Dis logika om daarby te hou en dit te glo. Wanneer die Gees in jou hart in fluister en logika sê vir jou dis stupid om iemand langs die pad op te laai, of te help op 'n wêreld's gebaseerde siening, is dit jou hart wat die besluit moet maak. Hier is 'n ander toepaslike een : As Vrydag die 13de jou dag gaan beinvloed (en jy is dalk nog in die bed), gebruik logika en besef dat God in beheer is van hierdie dag en nie die 13de nie. Bêre jou emosie.

Jy kan nie op alle terreine net 'n emosionele besluit maak en jou lewe daarop bou nie, so ook nie aan die ander kant nie. Die teksvers bring jou krag en jou siel ook in. Weet jy, dit dui maar weer vir my na net een ding; oorgawe van myself aan Jesus. Om Hom te ken in alle aksies en besluite (logika). Om Hom te vertrou met my lewe (emosie). Om te besef dat Hy in beheer is (emosie). Om goed te doen aan ander (logika en emosie)

Om te weet dat Hy vir my lief is (dis mos obvious!)

Gebruik dan jou logika vandag om dit wat geskryf staan toe te pas en uit te leef, en gebruik jou emosie wanneer Hy jou hartsnare roer. Dien hom met jou hele hart en siel, en span al jou krag in om Jesus elke dag te kroon met die nommer 1 plek in jou lewe.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Die groter prentjie

googleEarth1008
As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Kies die regte profiel

Base Jumping
Een aand op TV Nuus wys hulle ‘n brug in Amerika, amptelik die langste boogbrug in daardie land. Op hierdie brug het duisende mense saamgetrek om na 'n groepie mense te bekyk wat die sogenaamde "base jumping" doen. Nou die wat nie weet wat die "base…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Wat is die prys van een siel?

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…