• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my.

"Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n medies?" "Nee nie eintlik nie" antwoord ek. "My vrou het die afspraak gemaak en ons in kennis gestel dat ons hier moet wees" Die grappie gaan nie te goed af nie.

"Waarvoor wil u alles laat toets?" brom die sersant voort. "'n Jaarlikse ondersoek, insluitende 'n EKG." sê ek soos 'n stout seuntjie, ken op my bors, hande agter my rug en met my tone trek ek denkbeeldige kringetjies op die teels. (Jonè kan haar glimlag nie meer wegsteek nie)

"En sy?"

"Presies dieselfde" sê ek sonder om op te kyk.

Die sersant-majoor kom haal ons. Ons word "gefast-track". Jonè word na 'n aantrekkamer geneem, ek, word 'n plastiek bekertjie in die hand gestop.

"Daar's die badkamer, ek soek 'n urine-monster, sit dit hier en kom deur" Ek besef dadelik daar's moeilikheid. Dit wat sy wil hê is nie meer beskikbaar nie. Dit was, maar dis tien minute gelede. As ek skoon water gebruik, mag hulle my dalk direk in ongevalle opneem met drups orals in my lyf. As ek die chemikalië op die rak gebruik, kan wie weet wat dan kan gebeur. Al wat oorbly was om vir daardie tannie haar "sample" te gee en nie te "hum en te ha" nie. OK, volgende is die skaal...sy sê ek kan maar my plakkies aanhou, ek bewys haar vinnig verkeerd toe ek op die skaal klim en sy sien my plakkies weeg 'n volle 10 kg.

Toe my lengte geneem moet word, verdiep my probleme. Pleks dat ek my plakkies aanhou, staan hulle onder die stoel op aandag toe ek onder die balkie inbeweeg. Sy meet my 'n volle 3cm korter as wat ek wil wees. Herhinneringe dat mens korter word met ouderdom teister my vir 15 sekondes. Ek weeg nie net meer nie, maar ek is sowaar korter ook. Dis 'n resep vir chaos!

EKG is volgende. Toe sersant-majoor skeermes lemmetjies uithaal, sê ek vir myself; "Hier's groot moeilikheid pêl!"

Kan jouself voorstel hoe sieklik ek moet lyk met skoon kolle op my borskas. Ek voel soos 'n Cheetah wat die Curriebeker verloor het. Sy plak hope goed op my, koppel drade "all over" en gebied dat ek moet ontspan. Sy babbel voort en vra vrae, maar ek, ek moet ontspan? Saaklik, knip ek net instemmend met opgetrekde wenkbroue.

Eintlik is sy klaar. Dit voel of seekatte my beetgekry het. Versigtig probeer ek die plakkers verwyder, maar hierdie manne bedoel besigheid. "Moet ek jou help?" My frons is genoeg om haar te antwoord.  "Giiirrp" pluk ek die eerste van tien plakkers af...saam met 'n klomp borshare...

"Alles lyk uitstekend" sê die dokter later in sy spreekkamer, "behalwe" (Daai verpeslike plakkies...)

Hy haal 'n ronde plastiek meetstel uit. Skuif die plastiekskyfies oormekaar en gee dit vir my aan sonder om te veel te praat. "Jou BMI moet..." hoor ek hom dofweg praat in die agtergrond. Ek fokus op die plastiekskyfie. "Is die ding nie dalk stukkend nie?" vra ek. Simpatiek kyk hy na my en skud sy kop, "Nee, maar doen iets daaraan, net vir jouself en niemand anders nie."

Al die ander goeie resultate word tot niet gemaak met slegs een aspek wat nie onder beheer is nie.

Sonde is presies dieselfde. Een enkele aspek wat nie onder beheer is nie, kan my verhouding met Jesus beinvloed ten spyte van soveel wat ek reg doen. Moenie verder in die modder voortploeter nie, jy's bestem vir soveel meer. Jesus wil jou optel, reinig en jou weer in 'n heilige verhouding met Hom bring.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprong
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou? Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal,…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

“Jammer, ketting gebreek”

KettingMail
"The president of Argentina received this picture and called it junk mail, 8 days later his son died. A man received this & immediately sent out copies... his surprise was winning the lottery. Alberto Martinez received this picture, gave it to his…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…