• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig uitgedroog nie.

Poedingbakkies het nie verniet sy naam gekry nie. Hy was nie juis sportief en het nooit regtig deelgeneem aan sosiale aktiwiteite nie, maar laat daardie mannetjie vir jou agter 'n klavier inklim en jy het vir hom respek gekry. Daarby het hy so 'n effense boggelruggie gehad - niks êrnstig nie, maar tog 'n bietjie geboë.

"Tier" was die naam van ons geskiedenisonderwyser. 'n Legende uit eie reg en in die laat sewentigs was hy laaaaankal op pensioen, maar hy het kom aflos vir 'n jaar of wat. Wanneer hy gepraat het het die breiery jou laat besef; hy's 'n man van daai geweste. Tier het nooit ooit wat ek hom geken het ooit 'n handboek oopgemaak nie, hy kon jaar in en jaar uit geskiedenis opdis, so asof hy daardie boeke self geskryf het. Brander op brander feite het hy teen 'n ritmiese gang periode na periode voorgedra. Durf jy ooit feite vergelyk uit die boek het hy jou vinnig laat verstaan. "Die boek is vergkeergd, ek is rgeg"

Hy was korterig, en hy het die manier gehad om soms sy bril af te haal, en terwyl die bril se raam so op sy mond gerus het, het hy diep in gedagte al peinsende geskiedenis soos 'n storie oorvertel het, so asof daar 'n film afgespeel het teen die muur.

Dis hier waar Poedingbakkies weer inkom. Vir 'n standerd 8 laaitjie was geskiedenis nou nie juis een van sy gunsteling vakke nie. Maak nie saak hoe diep en interressant geskiedenis uitgehaal kon word uit die verlede nie. Poedingbakkies het redelik agter in die klas gesit, langs my. Vroeg reeds in die periode het hy papier begin kou en so deur die periode natuurlik al hoe meer honger geraak en meer papier in sy mond gestop. Teen die tyd wat hy dit uitgehaal het was dit al pap gekou en dis toe dat die "clown" in Poedingbakkies na vore gekom het. In 'n oomblik van "this is so not Poedingbakkies..." plak hy daardie papperasie op sy liniaal se punt en span hy die liniaal soos 'n voorlaaier terwyl hy mik na Tier se wêreldkaarte.

Tier hop soos hy skrik, toe die papperasie teen die Sahara Woestyn klap, duidelik nie heeltemal seker wat gebeur het nie.

Teen hierdie tyd is Poedingbakkies die "hero". Die nar in hom het geen keer nie. Soos Tier kon meegesleur word na 'n wêreld van die verlede, so is Poedingbakkies in vervoering oor die aandag wat hy kry. Katjie van die baan is 'n mak beskrywing. Repe op repe papier verdwyn in sy kieste terwyl sy oë vonkel van plesier. Net om hom waar te neem maak almal histeries van die lag.

Voor in die klaskamer is Tier reeds weer in vervoering oor 'n veldslag en agter in die klas is "Dingaan Poedingbakkies" besig om sy liniaal oor te haal vir die volgende sarsie. Katjie van die baan beklee die nr 1 "spot" van aandag.

Tier het nog so in gedagte gestaan, diep denkende, bril se raam liggies op sy mond, besig om die volgende woorde te formuleer toe die papier-papperasie hom tref - op die wang. Splat!!...

Arme Tier word uit die geskiedenis geruk tot hier heel voor in die teenswoordige tyd. Hy ruk soos hy skrik.

'n Doodse stilte word soos 'n kombers oor die klas getrek. Poedingbakkies is egter weg...

Genadiglik lui die klok, maar die seuns moet bly sit. Die "hero" is nou 'n "zero" en steeds onsigbaar.

Stadig kom 'n hand naderhand van onder uit 'n bank uit. Poedingbakkies loop bleek voor Tier uit na die afrolkamer. 'n Tier met 'n rottang beteken groot moeilikheid.

Vandag as ek daaraan terugdink lag ek vir kindwees. Ongelukkig druk ons ook soms ons geluk net te vêr Net daardie een treetjie te vêr. Een woord te veel, een aksie te veel. Ek dank die Here dat Hy 'n God van genade is. Dat ons keer op keer van voor af kan begin.

Het jy dalk nodig om vandag "halt" te roep? Moet jy dalk weer na binne kyk. Weer voorraad opname doen. Weer kyk waarheen jou lewe oppad is?

Moenie jou lewe verder mors nie. Dis nie die moeite werd nie.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Volg Hom

zebra1801
‘n Interressante feit uit ons wildrit was dat blesbokke nie wei met hulle koppe in die rigting van die son nie. Daar is ‘n vlieg wat in hulle neuse kan kom, eiertjies kan lê, wat die bokke nie teen die mure uitdryf nie, maar hulle die bosse kan…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

300 jaar in die kol

Atom Clock
Ek lees onder ons Interesting facts van ‘n cesium atoom wat oor die nege biljoen slae per sekonde slaan in ‘n atoom horlosie. Ek is eerstens bly en hoef nie daai horlosie te olie nie, wat nog meer op te wen. Uitmekaar haal is buite die kwessie. Dink…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

25 Februarie 2008

Default Image
Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…