• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Boned_bootsJare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap.

Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te "bone". Die wat nie weet wat hierdie proses behels nie; dit is ure en ure se poleer van jou stewels met politoer. Gewoonlik skop jy af om politoer met 'n strykyster op die punte van jou stewels te smelt en so plat as moontlik te stryk. Hierna volg nie een of twee dae se politoer met watte en water nie, maar nagte op nagte se "spit en polish".

Nie asof ons in daai dae niks gehad het om te doen nie en teen die tyd wat jy by jou "bungalow" uitgekom het, was jy voos van die dag se aktiwiteite, en seer as die korporaal sleg geslaap het die vorige aand. Gewoonlik het die ouens soms tot 2 uur in die oggend voorberei aan hulle inspeksie en natuurlik was die "bone" van stewels deel daarvan.

Wel toe samajoor so sit en sy stewels "bone" vertel ek hom van my "gippo" truuks toe ek nog diensplig gedoen het. (Onthou net "gippo" beteken nie noodwendig jy is "useless" nie, eintlik verwys dit na oorlewing, want as jy nie "ge-gippo" het nie sou jy nie heel anderkant uitgekom het nie...)

My plaasvervanger vir "boots bone" was heel eenvoudig. Dit was koffie. Een teelepel koffie met 'n paar druppels water aangesmeer op jou boots se punte het korporaals en sersante dag in en dag uit geflous.

So oortuig ek mos toe vir Samajoor en die luitenante om hierdie malligheid van hulle te laat vaar. Hulle maak my moeg en ek raak naar om net na hulle te kyk. Ons is laaankal nie meer troepe nie. "Make the swop". Swop to coffee". Ek "stick" hulle toe sommer vir die lepeltjie koffie, hulle moes net hulle eie water kry...

Die volgende oggend marsjeer daar darem vir jou 'n klomp windmakerige ouens met hulle "kits-boned-boots" in Adderleystraat af. Ons halt nogal ewe breëbors reg voor die groot kanonne en ons is in posissie nr 1 van belangrikheid.

Terwyl ons parade staan, (jy weet, steeds in Adderleystraat voor die "senior bestuur" van die weermag...) sak daar mos toe 'n reëntjie uit...

My oog vang die teerpad skuins voor my. Strome koffie vloei vrylik in repe oor die teerpad.

Massa histerie lê gevaarlik vlak en nie een van ons kan behoorlik ons lag onderdruk voor die groot kanonne nie.

Weet jy die Bybel praat ook van so iets. Nie "gippo boots" nie, maar waarop ons geestelik bou, of eerder dat ons werke eendag in die openbaar sal kom om geoordeel te word. In Lukas 6:49 lees ons :"Maar wie dit hoor [die woorde van Jesus] en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.

Hierdie het nie net 'n toekomswaarde nie, dit het 'n uitwerking in die teenswoordige tyd. Nou, vandag. Daar is geen manier dat jy eendag jouself sal vernietig as jy nie vandag besig is met die proses nie. As jy dag tot dag doelloos voortstrompel is dit dalk tyd om vinnig van bouer te verander.

Maak die "swop" ~ jy sal nie spyt wees nie.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

300 jaar in die kol

Atom Clock
Ek lees onder ons Interesting facts van ‘n cesium atoom wat oor die nege biljoen slae per sekonde slaan in ‘n atoom horlosie. Ek is eerstens bly en hoef nie daai horlosie te olie nie, wat nog meer op te wen. Uitmekaar haal is buite die kwessie. Dink…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Live up to your challenges

Shaheen-Jafargholi
I was following Britain's Got Talent on the internet after seeing Susan Boyle's performance on YouTube. You would probably know her name by now as she made headlines all over the world and also registered 175 million hits on YouTube. Although her…

Die groter prentjie

googleEarth1008
As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…