• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer."

Matt 16: 24,25 : “Toe sê Jesus vir sy dissipels: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.”

Vir die algemene persoon wat hierdie gedeelte lees bring hierdie veel meer 'n boodskap van jy moet dit of dat doen of... Dit kan selfs geinterpreteer word met nog een van vele (onbereikbare) vereistes gestel.

Hierdie hou egter die sleutel tussen om gelowig te wees aan die een kant, en 'n dissipel van Jesus aan die ander kant. Tussen 'n godsdienstige bestaan en 'n lewe waar Jesus jou 'n geesvervulde lewe laat lei. 'n Doellose gewoonte-vormende voetsleep teenoor 'n kragtige werktuig in die hande van God.

Ons het onsself en is oor die jare al so gekondisioneer (van generasie tot generasie), dat ons net elke dag ons Bybel moet lees en darem 'n gebedjie moet opsê, sonder versuim elke Sondag in die kerk moet wees, Sondagskool mag NIE gemis word nie, en jy moet definitief aangeneem en voorgestel word. Wel dan is elkeen vir homself. Die presiese woorde van 'n dominee was eintlik :"Ons kan die perd net tot by die water bring." Die kerk het sy plig gedoen om jou tot hier te bring. Ons koppe was volgeprop met geskrifte en belydenisse. Luister jy voorts na vele argumente oor kontroversiële onderwerpe is dit individuele opinies en standpunte wat seëvier. Die wysheid van die mens self.

Oorerwing het 'n "monster" geskep wat bekend staan as godsdienstigheid. Dit laat ons nie veel beter lyk as die Farisieërs van ouds nie. Al verskil is dat ons wel glo dat Jesus 'n werklikheid is.

Die beginsel van die koringkorrel wat sterf hou die sleutel tot baie van die uitsprake wat Jesus gemaak het. Hoe gaan jy werklik jou medemens liefhê, of vergewe as jou hart nie aangeraak is nie?

Daar moet 'n dag kom waar jy 'n "make over" kry. Eintlik is die proses net nooit voltooid nie, want langs die pad beur die ou korreltjie baie keer terug, en is dit 'n dag tot dag besluit. Voorts kan hierdie ook net begin plaasvind wanneer jy die Here die reg in jou lewe gee.

En dit kan 'n vreesaanjaende idee wees. Om Jesus die reg te gee om jou hele lewe te kan omdop...? Om jou 'n nuwe hart te gee met nuwe idees is nog OK, maar om beheer oor te gee?

Wel ten minste was dit vir my traumaties. Om my huis en my motor aan die Here te gee was nog OK, maar toe ek my vrou en my kinders aan Hom moes gee, was dit my vrees dat ek nou getoets gaan word of ek werklik dit aan Hom gegee het of dat die Here nou vir my na Afghanistan sou stuur as sendeling.....

Wel meer as 10 jaar later kan ek getuig dat die Here nie vir my getoets het daarin nie. Vandag besef ek dat dit veel meer 'n uitverkopenheid is as wat dit 'n toets moet wees. Dit gaan daaroor dat ons in onsself moet sterf sodat Jesus die volle beheer kan kry oor alles, elke gedagte, elke aksie, elke behoefte, elke versugting.

Situasies wat oor ons pad kom is 'n geleentheid om jou wortels dieper te skiet. Om te groei in jou verhouding. Jesus ken jou beter as wat jouself ken, Hy het nie nodig om jou te toets om iets te bewys nie. Ek dink die leerproses het baie te doen om ons te help om geestelik te versterk sodat ons ons maksimale potensiaal op aarde kan bereik om 'n verskil vir Sy koningkryk te maak en om maksimaal uit ons tyd op aarde te haal op alle gebiede. Vrede te ervaar en voorspoed te beleef.

As ek dan nie leer om die Here te vertrou nie sal ek mos altyd my eie heil probeer uitwerk of hoe? Soms moet ons weer om die berg gaan. As ons iets nie reggekry het nie, gaan ons waarskynlik weer die vak moet her.

Daarom is dit so belangrik dat ons in onsself moet sterf. Ons moet ophou om ons eie paadjie uit te kap.

'n Koringkorrel dra al die DNA van sy moederplant. Kry jy vandag ook Jesus se DNA en groei tot volwassenheid in Hom.

Johann de Jager

Artikels deur Johann de Jager

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

“Jammer, ketting gebreek”

KettingMail
"The president of Argentina received this picture and called it junk mail, 8 days later his son died. A man received this & immediately sent out copies... his surprise was winning the lottery. Alberto Martinez received this picture, gave it to his…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Biltong en blomme

Default Image
Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…