• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra.

Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand besluit; vanaand is die aand dat sy haar pa gaan bederf met 'n aantal prosedures wat mens, nou wel, nie regtig normaalweg sal konnekteer aan 'n man nie. Ek het dit 'n bietjie laat, eers toe haar ousus verby kom en redelik bekommerd vra, "Pa weet jy wat is Jonè besig om te doen?", agtergekom dat alles nie heeltemal in orde blyk te wees nie. Ek probeer antwoord met iets van, "Ek dink sy versorg my voete", "Nee Dad! sy is besig om jou 'n ‘manicure’ te gee!"

"O, en wat is dit?" laat ek redelik so normaal as moontlik van my hoor, sonder om voor te gee dat ek in paniek verval.

"Sy is besig om jou toonnaels te cutex"

"Deurskynend of gekleur?

"Pa jy verstaan nie, die boonste gedeelte van die naels word wit gemaak, die res pienkerig"

OK. Daar sit ek en let vir die eerste keer op na wat aangevang word. Barbie se moses, my naels is baie mooier as wat sy ooit vir Ken mee kon verras het.

My gedagtes verskuif onwillekeurig na die gym. Nou kan ek my al voorstel hoe lyk ek met my "gepainte" toonnaels. Wel die gym is nie regtig die probleem nie, maar die sauna daarna, waar ons, wel nou nie regtig met sweetpakbroeke en tekkies ingaan nie. Nou kan ek myself voorstel, ek met my toonnaels wat lyk soos opkomende volmane op 'n goeie somersaand, geskilder met "tippex", met 'n tikseltjie pienkglans daaroor, kompleet soos 'n romantiese aand met die maan se strale wat oor die water weerkaats. Voorts is my bors- en rughare nie geskeer nie, maar my voetjies is pienk en sag!!! Stel jou dit voor......

Nou, die ander mans is tipiese mans, praat oor rugby, besigheidsgoeters, motors, “spanners” en wat nog ook, "en jy Johann, het jy die hele naweek in die salon deurgebring, jou hare "geperm", gesigontrimpeling ondergaan, plooie weggetoor, 'n lekker tert gebak. Dalk gebrei of gehekel????"

Later kom Zelka ingestap om nag te sê, "Wys my gou weer jou voete" laat sy nie op haar wag nie en stap giggelend hier uit, nogal ook gedink aan die gym episode wat voorlê.

Maar Jonè het vir 'n salige uur, my voete en hande vertroetel, roompies ingevryf, geknip, geskuur en masseer, en seker 'n halfuur na haar gewone slaaptyd eers naggesê.

Ek kon nie anders as om te dink hoe trots sy moes wees op haarself nie. Hoe goed sy moes voel met die wete dat sy haar pa bederf het nie. Sy sou redelik teleurgesteld gewees het as sy moes uitvind dat ek, terwille van 'n moontlike “naamruk”, sou besluit het om haar werk tot niet te maak.

Dalk is daar vandag net iemand wat ook iets vir jou gaan doen diep uit sy/haar hart, wat jy dalk nie in dieselfde lig gaan sien nie. Wees bedag dat jy nie iemand seer maak met 'n ondeurdagte opmerking of antwoord nie. Paulus waarsku ons watter vernietigende uitwerking ons woorde het op mense, hy praat van 'n vuurhoutjie wat 'n groot brand kan aansteek.

Ek wil die teenoorgestelde sê. Wees jy vandag 'n vuurhoutjie en steek 'n massiewe brand aan met positiewe opmerkings en opbouende kommentaar.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Dis maklik om te praat

desperate1510
Dit slaan diep binne my hart. Die pleidooi is soos growwe skuurpapier; jy voel dit oor jou hart se kamers beweeg. Die pyn lê vlak en my moed sink eintlik vêr na benede. Hoe sê jy vir iemand, "alles is OK" as dit nie is nie? Hoe bemoedig jy vir…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Die fluitende voëltjie

singing051109
My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

Lewe in Sy goedheid

image
Untitled Document “Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het? Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het…