• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

injection“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het hierdie keer op my geval. Ek voel niks.

Dit was egter nie die geval in 1988 nie. Ons was oppad Angola toe en ons moes almal medies doen wat ‘n reeks inspuitings ingesluit het. Ek was ‘n Stafsersant en die Eskadron Samajoor vir die tydperk. Van die voordele is dat jy nie in rye staan nie en boonop orders kan uitdeel. Ek gebied die ouens links en regs om deur al die prosedures te kom. Loop op en af met my hande in die sye, ‘n frons op my voorkop. Ek loer ook in al die verskillende spreekkamers in waar die manne soos skape na die slagpale gebiedend in die ry wag. ‘n Kwaai Suster verskreeu die troepe in die een spreekkamer. Sy laat my mak lyk in vergelyking met haar attitude. Die troepe wat opeindig in haar ry kyk met groot oë oor mekaar se skouers na haar, biddende dat die wegraping asseblief net moet kom voordat hulle aan die beurt kom vir hulle inspuiting.

In die ander spreekkamer heers daar ‘n geselliger atmosfeer. Ek moet ‘n paar keer kwaaier frons om die troepe se onderlangse geselsery stop te sit. In vergelyking met die suster het ons hier te doen met ‘n engel. ‘n Vroue-sersantjie met ‘n sagte stemmetjie en baie empatie in haar benadering. Ek hoor weer die suster wat bulder in die agtergrond en net daar besluit ek; “Daai kwaai ene, kom nie binne ‘n myl van my af met ‘n inspuiting nie. Punt”

Die rye raak minder en ek besluit (nadat ek moed geskep het vir daardie dik naald) om volgende te wees. Die sersantjie gee haar orders en ek volg maar gedwee. (Daai tyd het hulle mos nie inspuitings deur broeke gegee nie….) Ek ontspan en voel hoe sy my boud peck met daardie naald. Ek hoor hoe sy verskoning aanbied met iets van my vel is dik… Ek voel hoe die naald vir ‘n tweede en ‘n derde keer my boud peck. My oë trek skeel, my mond vlieg oop, my stem is weg. Teen hierdie tyd is dit nie meer snaaks nie. Inteendeel, van die heel eerste probeerslag was dit nog nooit snaaks gewees nie. Ek sit met ‘n probleem.

Troepe staan nou al reeds halfmaan rondom my om die affêre te aanskou. Hulle hou my fyn dop, soekend na die geringste teken van swakheid en pyn. As ek hier faal sal die volgende drie maande se dissipline ‘n ronde nul wees op ‘n kontrak.Iemand anders kom tussen die troepe deurgestap soos ‘n warm mes deur botter. Jip, die kwaai een… Ek hoor sy sê; “Gee hier, laat ek jou wys” My lewe flits voor my verby. Ek voel soos iemand wat weke sonder water in die woestyn rondgedwaal het, en so pas sy laaste tree gee en inmekaar sak. ‘n Stemmetjie fluisters saggies; “This is not happening to me!”.

Sy bulder “Klim in reguit rye troepe, wie’s volgende? Staf, maak vas jou broek!” Ek staan steeds bleek en kopskuddend onderstebo. Vinnig kyk ek eers linksom en toe regsom. Sy’s reeds besig met die volgende troep se inspuiting, ek’s klaar…My hande is terug in die sye, ekstra kwaai frons op my voorkop aangeplak en die troepe waag nie om oogkontak te maak nie.

As ons moet bereken hoeveel keer ons verniet bang was, hoeveel keer ons onsself van lewensvreugde ontneem het oor iets wat ons gevrees het en wat nie gerealiseer het nie sal dit seker ‘n klompie kere wees of hoe?

Dis seker menslik om die onbekende te vrees. Hoe weet ons wat hou die dag van môre ook in? Ons het tog geen beheer daaroor nie. Ek dink verder die Satan kan hierdie taktiek ook tot in die fynste detail uitwerk en met groot sukses toegepas. Vrees verlam en daarmee saam verloor jy ook maklik perspektief. Wanneer ek soms in hierdie hoek vasgedruk word, dan bid ek altyd die volgende gedeelte in Fil 4:7 “...en vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal oor my hart die wag hou.” Roep die Here hiermee aan en moet nie ophou totdat Sy vrede wel oor jou hart en oor jou gedagtes heers nie.

Dit is mos ‘n waarborg deur God?

Johann

Artikels deur Johann de Jager

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…

The best motivation

Default Image
Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Wat is die prys van een siel?

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…