• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
catonbed2210

Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).

Dis eenvoudig; Geen kat slaap aan my kant van die bed bo-op die duvet nie. Punt. Ek het geen beheer hieroor nie. Ek kan nie slaap as enige iets my kombers of duvet vaslê nie.

Zelda kom een aand met 'n smaakvolle glimlag op haar gesig en 'n bespeurende sarkasme in haar stem my kantoor ingewals, plak 'n tydskrif voor my neer en verklaar plegtig (soos iemand wat sopas Newton se atoomwette verkeerd bewys het); "Hulle het 'n naam vir jou siekte! Hulle noem dit rustelose-bene-siekte" Voorheen het sy bloot daarna verwys as, "Bomskok"

Kom hulle nie maar 'n meer wetenskaplike naam hiervoor gegee het, wat dalk meer "impressive" geklink het nie? Iets soos die "Siekte van Keindoch" nie? 'n Duitse of Franse naam. Nou klink dit soos "Blinkstefaans-se-drankprobleem". Geen mens kan "trots" wees op so iets nie. Dis 'n siekte wat 'n mens nie in geselskap kan opbring nie. In plaas van dat dit simpatie sal ontlok, sal mense hulle skeur!

Eers genoeg oor my "siekte".

Wel, alle katte leer hierdie bedreël vinnig aan. "Abide or fly". Ons het in ons leeftyd al innoverende katte gehad. Hulle het verskillende variases probeer om toegang tot die bed te bekom. Lollie (wat 16 jaar oud geword het) was die beste. Hy het ge-"leopard crawl" of selfs soos 'n trapsuutjie stadig nader beweeg, pootjie vir pootjie, net om sy gewig van die een voet na die ander te verplaas. Daardie taktiek het gewoonlik aan die begin gewerk. Ongelukkig vir hom was daar vele ontnugterende oomblikke waar hy in 'n diep slaap "airborne" geraak het. Katte is egter welkom om onder die kombers in te klim, maar geen kat het nog ooit 10 minute vertoef nie. Hoekom weet ek nie, maar ek het agtergekom na 10 minute was hulle rigtingloos en lighoofdig...

In ons eie lewens moet ons waak dat sonde nie stilletjies naderkruip en lateraan vir ons kom vasval nie. As jy "klein" toegewings maak, kom pak hulle jou later toe. Anders as kat-afskop is die breek met sonde soms nie maklik nie. Die rede; dis 'n manier hoe die vyand jou kom verstrengel. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie”, staan daar geskryf in Efesiërs 6, “maar teen die bose magte”. Al wat hy doen is om lokvalle te stel, nee, eerder spinnerakke, want sodra jy daarin vasvlieg, jou laat verstrengel en hoe meer jy spartel, hoe stywer laat toewikkel.

Laat die Here toe om jou hierdie klein jakkalsies vroegtydig uit te wys of te oortuig van deurdat jy jou hart na Hom draai in totale afhanklikheid.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

050505

Default Image
Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Die fluitende voëltjie

singing051109
My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

Wat regtig iets beteken in die lewe

Default Image
Hierdie volgende gedeelte kom uit die inspirational story; Seattle Special Olympics. What truly matters in this life is helping others win, even if it means slowing down and changing our course. Ry vandag net in die verkeer en neem waar hoe ons op…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…