• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

StormyriverDaar het 'n hewige storm losgebars en die mense van 'n afgeleë dorpie was afgesny van die res van die wereld omrede daar 'n rivier tussen die dorp en die res van die land was. Natuurlik was hierdie nie regtig iets nuut vir die inwoners van die dorpie nie en was hulle eintlik redelik al gewoond aan die storms en dan die gepaardgaande ongerief om afgesny te wees van die buitewêreld. Soos wat seker maar met elke dorp gebeur, kom daar van tyd tot tyd nuwe intrekkers aan. Juis op hierdie stadium was daar nuwe intrekkers en was hierdie gebeure nogal redelik vreemd aangesien hulle nie daaraan gewoond was nie. In 'n redelike staat van paniek het hulle gedink dat die waters wat rondom hulle gewoed het, hulle sou verswelg. Selfs die gerustelling van die inwoners van die dorp het nie regtig hulle angs verlig nie. Natuurlik het hulle dan die daaropvolgende paar dae nogal 'n taai tydjie beleef.

Vir die mense op die dorp was dit ook nodig om van tyd tot tyd hierdie rivier oor te steek om voorrade en ander goedere aan te vul. In hierdie tye sou hulle, nie soos gewoonlik met 'n voertuig nie, maar met 'n bootjie, die rivier oorsteek. Vir die gevestigde inwoners was hierdie nogal 'n opwindende rit aangesien die stormagtige waters nogal die bootjie redelik kon laat ronddobber. Die stuurman van hierdie boot was egter uiters ervare en kon hy die boot perfek stuur tussen al die klippe, rotse en versnellings deur. Vir die nuwe inwoners wat nie al 'n paar ritte meegemaak het nie, was dit 'n nagmerrie totdat hulle hulself uit ervaring kon oortuig dat die rit veilig was. 'n Paar seisoene en storms later was hulle heel gemaklik omrede hulle die ervaring meervoudig al beleef het en vertroue in die stuurman gehad het.

Vir ons as Christene is dit ook nodig dat ons vertroue bou uit ervaring. As ons gesien het wat Jesus kan doen is dit met tyd makliker om die Here te vertrou. As ek die vraag sou vra; "Glo jy dat die Here enige iets kan doen?" Hoe sou jy antwoord?

Volgens die Bybel het God die volk Israel met hulle 40 jarige rondswerwery in die woestyn elke dag van kos en water voorsien (hulle was maar net sowat 6 miljoen!) In rye van 6 sou die voorpunt in Kroonstad wees en die agterkant in Bloemfontein 200 km vêr. Vir Josua het Hy die son laat stilstaan sodat hy kon klaarmaak met 'n lekker fight. Die Here het ook 'n hele oormag een koel somersaand onder mekaar laat baklei en hulle hulself uitgewis het. Dit terwyl die Israeliete van 'n afstand dit uitgecheck het. Jesus het dooies opgewek, siekes gesond gemaak en nog 'n string ander wonderwerke. Bewyse, bewyse, bewyse..................

Maar as ek Jesus moet vertrou met dinge rondom my of met my lewe dan lyk dit vir my is dit 'n ander storie...

Ek wil jou regtig bemoedig. Het jy nodig om Hom met iets te vertrou? Begin dan net êrens. Gee Hom die geleentheid sodat Hy jou kan wys waartoe Hy in staat is. As jy eers ervaar het hoedat Jesus 'n probleem kan oplos sal dit elke slag makliker wees om Hom met groter goed te vertrou.

As jy Hom kan vertrou, dan sal jy in Sy rus ingaan, dan sal jy vrede ervaar waarvan die Bybel praat (Fil 4:7 - En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus) Jesus het nog nooit aangedui dat ons wêreld (jou wêreld) sonder probleme gaan wees nie, Hy het net wel verskeie kere bevestig dat Hy in TOTALE BEHEER WIL WEES....................Soek jy hierdie vrede?

Kyk 'n bietjie daar in jou binneste, krap so 'n bietjie 'n paar goedjies oop wat jou lewe versuur, identifiseer wat hou jou weg van vrede af, en bely aan die Here;

"Te lank het ek op my kragte staatgemaak Here, te lank het ek my eie draaie geloop, my eie paadjies oopgekap. Ek is moeg van hierdie onstuimigheid in my binneste, ek is moeg van val en opstaan, ek het U nodig, nie as Backup as my planne nie werk nie Here, maar as die Een wat my die Lewe kan gee. Help my dat ek kan lewe. Vergewe my vir my ongeregtighede, ek nooi U (opnuut) in my lewe in. Kom vervang hierdie donkerte met U lig en laat my lewe! Laat ek U wonderwerke in my lewe ervaar, laat my ervaar hoe hierdie vrees en probleme skietgee en ek my kop optel met nuwe moed en krag en in oorwinning begin leef."

Johann

Artikels deur Johann de Jager

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Lewe in Sy goedheid

image
Untitled Document “Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het? Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Wat regtig iets beteken in die lewe

Default Image
Hierdie volgende gedeelte kom uit die inspirational story; Seattle Special Olympics. What truly matters in this life is helping others win, even if it means slowing down and changing our course. Ry vandag net in die verkeer en neem waar hoe ons op…

“Jammer, ketting gebreek”

KettingMail
"The president of Argentina received this picture and called it junk mail, 8 days later his son died. A man received this & immediately sent out copies... his surprise was winning the lottery. Alberto Martinez received this picture, gave it to his…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…