• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger vrou, met die aanhoor dat haar skoonpa en man gesterf het, begin kraam en bring n seun in die wêreld wat sy “Ikabod” doop. Ikabod beteken “Die eer is weggevat uit Israel

Alles het gedraai om die ark. Jy het nie gemors met die ark nie. God se teenwoordigheid was in daardie ark.

Die Filistyne het seker gedink dat die eienaarskap van die ark hulle sal bevoordeel. Dat guns by die draer van die ark rus. Dalk het hulle die ark as n trofee beskou. Hulle het die ark langs hulle god, Dagon, gesit.

Elke oggend as hulle egter daar gekom het, het Dagon voor die ark gelê. (Ek wonder so in my enigheid hoeveel van die outjies wat in Dagon se tempel gewerk het, raas gekry het oor die standbeeld wat omgeval het.) Verder het die Here die Filistyne gestraf met siektes en naderhand het die Filistyne besef, daai ark is “bad news”. “Wat moet ons doen”, was die vraag aan die Filistynse priesters. “Gee eer aan God", was die antwoord.

Vandag het ons nie meer die ark van God tussen ons nie. Ons het wel die God van die Heelal tussen ons. Die Heilige Gees wat in ons woon. Ek sidder as ek dink hoeveel oneer ek al Sy tempel, wat in elkeen van Sy kinders teenwoordig is, aangedoen het. Ek prys God vir Sy genade om my te vergewe.

Opnuut besef ek vandag die verantwoordelikheid wat ons het. Die verantwoordelikheid om heilig te lewe. Die Woord sê nie verniet “Wees heilig, want Ek is Heilig” nie.

Laat ons waak dat ons lewe vandag uitroep : “Ikabod

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Die kat op die bed

catonbed2210
Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

Kies die regte profiel

Base Jumping
Een aand op TV Nuus wys hulle ‘n brug in Amerika, amptelik die langste boogbrug in daardie land. Op hierdie brug het duisende mense saamgetrek om na 'n groepie mense te bekyk wat die sogenaamde "base jumping" doen. Nou die wat nie weet wat die "base…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

The best motivation

Default Image
Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…