• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het;

'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend se aas op. Hy klim egter uit die boot en loop so sloes-sloes bo-op die water tot by die kant, kry nog aas en loop sloes-sloes terug, klim in die boot, sit nuwe aas aan en gaan voort met sy visvang.

'n Verdere uur later staan die Predikant op, klim uit die boot en loop sloes-sloes op die water, kry nuwe aas op die kant en loop terug op die water, klim in die boot en gaan voort met sy visvang.

Die Pastoor op hierdie stadium van hierdie geveg is bleek om die kiewe, want sy aas is besig om op te raak! Die Reverend sien toe op 'n stadium hierdie man is besig om bloed te sweet. Hy leun toe oor na die Predikant en fluister :"Sal ons hom vertel van die 'stepping stones' in die water?", waarop die predikant vir hom terugantwoord; "Watter 'stepping stones'?"

Drie verskillende mense, drie verskillende reaksies. Maar hulle aanbid een God.

Die Here sê vir ons in Sy Woord. "Beywer julle allereers vir die Koningkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy ook aan julle al hierdie dinge gee." As jy die gedeelte vooraan lees sal jy sien dit gaan oor die sorge van die lewe. Wat beteken dit om God se Koningkryk en Sy wil te soek?

  • Hoekom kan ek nie vandag regtig oortuigend sê dat alles wat die mens vir God vra hy ontvang nie?
  • Hoekom word nie alle mense gesond as die Bybel sê dat as iemand siek is sal die Here hom genees as daar vir hom gebid word nie?

Hoekom is daar swaarmoedigheid by mense en swoeg dag tot dag as die Here sê Hy gee voorspoed as Hy dan vir die mossies sorg hoeveel te meer sal Hy vir ons sorg nie?

Die Here sê ons moenie worrie oor wat ons vandag gaan aantrek of wat ons gaan eet nie, Hy sal sorg? Kort ons geloof, kort ons meer kerk toe gaan, meer bid, meer van 'die' en van 'dat'? Of moet ons nie miskien teruggaan na die 'basics' toe nie. Het ons nie dalk te lank die Here gedien op ons turf nie, op ons voorwaardes en terme nie?

Of het die Woord van die Here sy krag verloor en is die Christelike geloof net een van die opsies wat ons het in die spirituele realm waarin ons deesdae beweeg. (Die moderne neiging?)

‘n Tyd terug was daar groot beswaar aangeteken toe die moontlikheid oorweeg was dat Pukke Christelike Hoër Onderwys uit hulle naam wou laat. Die hel het behoorlik in die media losgebars en beswaardes was volop. Dit het my laat dink watter impak die naam nou juis het behalwe tradisie. Is al die studente geesvervuld, hou nie partytjies, raak nie dronk nie, leef kuis, vloek nie en wy hulle lewe voltyds aan die Here?

Maak die naam "Christelike Hoër Onderwys" van my 'n knap Christen?

Die geestelike realm word deesdae soos kies tussen produkte. “Ek hou van 'n BMW oor hierdie eienskap”, “Man ek ry 'n Volla, “As jy nie Japanees ry nie, jy weet dan het jy nie regtig die beste nie”

Traai hierdie en bring terug as dit nie regtig vir jou werk nie, ruil dit om met daai een, jong is dit nou 'n fantastiese produk! Dit haal al die plooie uit!”

“Probeer Joga, dit bring soveel rustigheid.” “Nee man Hirrie Krisna (of wat ook al) bring nou vir jou voorspoed.”

Moet ons nie miskien teruggaan na die basics toe sodat die Here weer die Nommer 1 kan word in ons lewens nie?

Ek dink so vinnig aan die volgende;

  • "My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis"

(Ons stel ons kinders bloot (en ons was as kinders self daaraan blootgestel) aan goed soos bv. Liewe Heksie (wat is 'n heksie nou anders as 'n gewone heks. Wat is 'n heks se konnektasie nou anders as demonies? En jammerlik Harry Potter. Van die kindertjies word selfs aangetrek soos towenaars (die manlike vorm van 'n heks). Die skrywer van Harry Potter sê juis dat Jesus 'n "loser" is. Maar gou word ons vertel van 'n fantasiewêreld. 'n Sprokieswêreld waarin die kindertjies hulle kan uitleef. Allerhande werkwoorde word gebruik om die impak te versag van hierdie "bonatuurlike" aktiwiteite, en dit word afgemaak as "onskuldige" vermaak.

"Gaan sien 'n spirituele medium, of nee man check net jou TV, hulle verskyn sommer deesdae daarop.” Of lees sommer 'n bekende Afrikaanse tydskrif wat in die een asem 'n artikel oor godsdiens in skole het en op die volgende bladsy jou sterrevoorspel verskaf. En hierdie is 'n klein voorbeeld van wat aangaan. Gaan iets verkeerd in ons lewe dan is ons geneig om vinnig te sê: "Hoekom straf God my?", “Hoekom moet ek so ly?” “Waar is hierdie God van liefde?”

Ek wil amper vra, maar watter god word dan nou gedien?

  • "As My volk oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en My aangesig kom soek, en wegdraai van hulle sonde, sal Ek genadig wees, Ek sal vergewe en die hele land genees"
  • en dan "Beywer julle allereers vir die Koningkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy ook aan julle al hierdie dinge gee."

Ek is van mening dat ons vandag krippel Christene is, maar ons dink ons is eintlik smart, dan doen ons 'n paar fancy goedjies in die kerk en ons sê "WOW" maar die Gees werk? Volgende week haal ons nuwe truuks uit en “WOW” hier gaan ons weer. Ons het die Here geblik en geseël.

Wil jy die Here in aksie sien? Kom dan op die plek waar die Here werk (en seën), kom in lyn met Sy wil en soek Sy Koningkryk en ek waarborg jou, die Here se guns en almag sal oor jou uitgestort word, jy sal  wonderwerke aanskou en ervaar.

Johann de Jager

Artikels deur Johann de Jager

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Die fluitende voëltjie

singing051109
My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprong
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou? Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal,…

The best motivation

Default Image
Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Die kat op die bed

catonbed2210
Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).…

Wat is die prys van een siel?

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…