• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat
Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is (geskat) so ‘n vier uur staptog. Hierdie was vir Jonè (wat nog bitter klein was) net iets wat eenvoudig gedoen moes word. Wel die ander helfte van die familie het hierdie ding net een oorweging gegee en besluit dit is nie vir normale mense om te doen nie. (Hulle het hulleself toe as normaal beskou...)

Ek en Jonè het hierdie staptog met geesdrif aangepak. By tye wou sy selfs aan die hardloop gaan want sy wou by die piek uitkom, dit moes soos in nou wees. Hier van onder af was die piek juis iets wat jou verbeelding aangegryp het. Dit was ‘n ander wêreld daarbo.

Stadig maar seker het ons die berg bestyg. Meter vir meter het ons al hoër geklim. So driekwart oppad boontoe het ek begin besef hoekom normale mense nie kans sien daarvoor nie. Ai, hoe het ek op daardie oomblik gewens om ook normaal te wees. Ek het een probleem gehad; of ons nou die guts het om aan te gaan of moed opgee en besluit om terug te draai, dit gaan naastenby dieselfde tyd vat om terug te gaan.

Op hierdie stadium was daar wolke wat die piek bedek het. Dit het nou regtig al Jonè se verbeelding aangegryp. “Zelka gaan my nie glo nie. Ek gaan in die wolke loop. Pappa kan ek nie gou 'n emmer gaan haal waarmee ons vir Zelka van die wolke kan saamneem nie? ...Zelka gaan my nie glo nie...”

Uiteindelik is ons binne die wolke, en natuurlik kan die wolke nie met ‘n emmer geskep word of gevoel word of wat ook al nie. Was dit nou vir Jonè ‘n teleurstelling! Na ‘n vinnige Aardrykskunde les uit die jare '70 het sy soort van verstaan. (Ek glo wolke werk deesdae nog soort van dieselfde)

Net soos Jonè die misterie van die wolke van onder af bewonder het en net daarop gefokus het, so skryf Paulus in Kol 3:2, moet ons ons gedagtes rig op die dinge wat daarbo is en nie op die dinge wat op hierdie aarde is nie. Hoekom nie? Want ons het gesterwe en ons lewe is nou saam met Christus verborge in God.

Wanneer ons dan ook ons gedagtes rig en ons hoop vestig op Hom word ons gevul met nuwe moed en nuwe krag. Wanneer ons toelaat dat die dinge wat in die wêreld gebeur ons meesleur en vashou, sal ons nie in staat wees om in oorwinning te leef nie.

Kyk daarom op na die Een wat by magte is om ‘n woord te spreek en dinge te laat gebeur.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…