• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy wonder of ek nie dalk aspris hoes om tog net 'n lekseltjie stroop te regverdig nie. Ek moet sê van daai geurtjies is nie te onaangenaam nie...

So gaan dit aan vir dae tot ek eenkeer so aan die hoes gaan dat amper uit-pass. Zelda het nie eers weer 'n vriendelike vermaning na my kant toe gepos nie, sy het net laat weet hier van agter af; "That's it" jy gaan dokter toe. Haar stemtoon het vibrasies ingehad wat ek mos nou al by die tyd weet, nou antwoord jy nie, jy skud net jou kop instemmend, en hoe groter jou oë, des te veiliger!

Die volgende dag is ek nog besig met 'n klient toe ek saggies getik word op my skouer en sy met geen onduidelike gebaar wys; dis tyd. Tyd om te ry.

Die dokter was nie eintlik verbaas gewees nie. Hy het my net geluk gewens dat ek dit sovêr gemaak het. Ek klink vir hom soos 'n kinkhoes bobbejaan in die vallei van verlatenheid.  "Maar" sê hy vir my met die beklemtoning op "maar". "Nou dat ek daar is, kan hy my sommer 'n inspuiting gee om die hoes te onderdruk."

"Nê?"

"Hoekom gee Dok nie eerder vir my pergasie-pille nie, dan sal ek dit verseker nie waag om te hoes nie.."

Hy grinnik en ek wandel agter hom af na die nurste toe. Jy weet, dis altyd 'n trap. Hulle is te bang om hulle eie vuilwerk te doen, nou kry hulle ander kwaaier tannies om in te staan.  Ek loop agter hom aan, skouers hang laag en ek brom iets van 'n slagskaap.

Dok sê die enigste newe effek is dat ek mag gloei en dalk te veel energie sal hê om te slaap. "Kan ek more terugkom" vra ek half sinies. Nou bedink ek myself hoe ek sal lyk as ek aan die gloei gaan. Gaan dit lyk of ek permanent bloos, dalk moeg geoefen of selfs erger, gaan dit lyk of ek dalk te diep in die bottel kyk en heel jollie patrollie is. Ek sien al hoe ruk ek Zelda se naam as ek saam met hulle in die Mall is en ek loop en slinger daar rond...sing dalk hardop 'n liefdes liedjie vir  haar uit volle bors?

Nou ja; toe daardie suster ingestap kom, probeer ek met my fronsende staar om haar te ontsenu. Dit werk nie lekker nie, sy steur haar nie regtig aan my frons nie. Ek probeer 'n alternatief; skrefies ogies, saamgeperste lippe en opgeblaasde wange. Nope, dis ook tevergeefs. Ek gee toe maar my samewerking... en stap al gloeiende daar uit.

Soms hardloop ons ook maar spreekwoordelik vir die Here weg; Môre, volgende week sal ek 'n plan maak, reg maak. Weet net een ding; die Here sal jou nie los nie - jy is te kosbaar vir Hom. Hy was bereid om vir jou Sy lewe af te lê. Draai eerder om en hardloop terug in Sy arms in. Dis in elkgeval die beste plek om te wees.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Live up to your challenges

Shaheen-Jafargholi
I was following Britain's Got Talent on the internet after seeing Susan Boyle's performance on YouTube. You would probably know her name by now as she made headlines all over the world and also registered 175 million hits on YouTube. Although her…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

25 Februarie 2008

Default Image
Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Biltong en blomme

Default Image
Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…