• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

slow-pcKyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig...

Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..."

Behoede jou as jy begin wonder en jouself later laat glo hier’s probleme, want as jy eers op hulle bladsy is, gaan die irritasie van daardie advertensie op die webblad niks in teenstelling wees met wat voorlê nie. Om weg te kom sal wees soos om krieket te probeer speel met 'n tafeltennis balletjie. Hulle gaan alles in hulle vermoë doen om jou te kry om die program gratis af te laai. Hulle gaan tientalle getuienisse opdis en syfers soos dobbelstene rondgooi van hoe goed die sagteware kwansuis is, en jy gaan verseker in die versoeking kom om dit dalk net te probeer – dis immers gratis.

Laai jy dit af en hardloop jy die program, word tientalle probleme vir jou uitgewys en beklemtoon met rooi pyltjies en groot uitroeptekens. (natuurlik ook in rooi) As hulle nog 'n motorwerktuigkundige se massiewe-foutvind-fluit kon naboots, het hulle dit seker ook gedoen.

Moenie eers probeer wegnavigeer van die bladsy nie, hulle stop jou so vinnig met ‘n “popup” waarskuwing en skuldgevoel dat jy soos ‘n stout hond met sy stert tussen die bene omdraai en weer onder die tafel gaan lê.

Totdat jy waag om die "Fix my PC" knoppie druk. Dan begin die sports. Van die 825 ernstige foute, maak hulle ‘n ronde 15 reg. Hulle soek eers jou geld. Hulle behandel jou soos ‘n kleuter op een van hierdie meganiese perdjies waar jy R5 moet betaal vir 3 minute. Wanneer die tyd verstreke is, vrek daardie perdjie net daar op die plek, met Boetietjie se geskokte gesigsuitdrukking wat binne 5 sekondes plekmaak vir ‘n tantrum. (Al verskil aan jou kant is dat jy vir 60 sekondes lank in doodse stilte staar na die rekenaar skerm se flitsende rooi pyltjies terwyl jy wonder wat jy volgende moet doen.)

We accept all major credit cards and Paypal bied hulle die oplossing. Teen hierdie tyd het jy jouself al wysgemaak jou rekenaar is niks beter as ‘n begaafde parafienblik met 3x AAA batterye nie. En jy word een van hulle duisende gelukkig kliente met ‘n PC wat tot 300 keer vinniger as tevore is…

Eintlik het my rekenaar heel lekker gewerk voor 'n stupid advertensie my wysgemaak het; "Your PC is slow"

"Slow" se voet man!

Johann de Jager (www.ministriesworldwide.net)

Artikels deur Johann de Jager

“Jammer, ketting gebreek”

KettingMail
"The president of Argentina received this picture and called it junk mail, 8 days later his son died. A man received this & immediately sent out copies... his surprise was winning the lottery. Alberto Martinez received this picture, gave it to his…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Die groter prentjie

googleEarth1008
As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…