nuwe-wyn

Ek is besig om die afgelope tyd na te dink oor wat my en jou as volgelinge van Jesus, op ’n praktiese vlak anders maak as die mense om ons wat nie vir Jesus ken nie.

Deur God se genade en deur die openbaringe van wat in die Woord staan, het ons oë daarvoor oopgegaan en het ons selfs iets begin verstaan wat hier binne-in ons gebeur het deur die werking van God se Gees toe ons gekies het om Jesus Christus te aanvaar as Verlosser en Here.

Maar ek het begin wonder hoe dit my en jou praktiese...

Read more: Uit die Oue, In die Nuwe – Deel 50

Blaai ’n mens ’n bietjie in die Bybel rond op soek na ’n prentjie van wat die hart van die Nuwe Verbond is wat God met gelowige volgelinge van Jesus Christus gesluit het, beskryf die Bybel dit veral op hierdie baie insiggewende manier, soos daar in Eseg. 36:25 tot vers 31, waar die volgende staan:

“Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery.

Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die...

Read more: Uit die Oue, In die Nuwe – Deel 49

Onder die beheer van God se Gees wat nou in ons woon, kan ons iets van God se Koninkryk in en rondom ons sien “kom”.

Omdat Jesus Christus, die Koning van hierdie Koninkryk, in ons lywe woon deur Sy Gees, kan Hy Sy lewe aan die mense en die wêreld rondom ons bedien. Sodat mense iets van die hemel beleef. Sodat mense, soos daar in 1 Kor. 14 staan, kan bely: God self is hier by ons. Hy is self met ons besig. Ons hoor Sy stem. Ons sien Sy hand in ons lewe aan die werk. Ons sien en beleef iets van...

Read more: Uit die Oue, In die Nuwe – Deel 48

Ons het die afgelope tyd met mekaar soveel merkwaardige dinge gedeel oor wat God se Gees vir ons in die Woord openbaar oor wie en wat ons as ’n Nuwe Testamentiese geloofgemeenskap in Christus Jesus is.

In 2 Kor. 5:17 word ons beskryf as deel van ’n nuwe skepping. In Kolossense staan daar dat Christus Jesus self in ons woon deur Sy Gees. Gal. 2:19 en 20 sê dit so: “... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou...

Read more: Uit die Oue, In die Nuwe – Deel 47