• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

CrossroadsIs jy op 'n plek in jou lewe waar jy liewer nie wil wees nie? God wil dalk iets vir jou sê, maar dit mag iets wees wat jy nie wil hoor nie.

Dis dieselfde ding wat Jeremia vir sy mense gaan sê het toe hulle slawe in Babilon was - ver van alles af waarvoor hulle omgegee het: "Julle sal nie gou huis toe gaan nie, so verander julle houding en maak die beste daarvan. Bou huise, plant tuine, sorg dat julle kinders trou... Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan." (Jeremia 29:5-7 geparafraseer).

Kan dit wees dat jy is waar jy vandag is omdat God jou daar gesit het om tot seën vir ander mense te wees? In plaas daarvan om jou lewe uit te stel terwyl jy wag dat die omstandighede verander, kan jy begin om die oes wat jy in jou eie lewe wil hê in ander mense se lewens te saai. Hoekom? Want as hulle geseënd is, is jy ook geseënd! Hoe weet ons dit? Jesus het gesê: "Gee, en vir julle sal gegee word... Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word" (Lukas 6:38 NV).

Martha Washington het gesê: "Ek het geleer die grootste deel van ons geluk of ellende hang af van ons gesindheid, en nie ons omstandighede nie."

As jy van oorleef na leef wil gaan, moet jy die uitvind of die plek waar jy jou bevind in God se wil is, en indien wel, die meeste maak van die plek waar God jou gesit het.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)