• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

stilte2506Ons leef in 'n vinnige  en raserige wereld. Stilte is feitlik nerens meer deel van ons lewe nie. Ons kyk televisie, luister musiek en deel met mekaar ons dagtaak in woorde. Tog is een van die belangrikste fasette van menswees, die aspek van stilte. In die natuur is dit 'n wesenselement. Elke jaar besoek ons as gesin die Kruger Wildtuin en in die rustigheid van die veld en die bome sien jy iets anders raak as in die geharwar van die lewe. Ons leef vinnig en met ongeduld. Hoekom is stilte so belangrik?

  • Stilte gee jou perspektief op besluite en keuses wat jy en ek elke dag moet maak.
  • Stilte maak jou bewus van jou liggaam en die spaning wat jy elke dag ervaar. Dit help jou om die spaning te hanteer en te fokus op die mooi herinneringe en gedagtes in jou lewe.
  • Stilte is oomblikke in die dag waar jy kan asem skep en nuut dink oor jou drome en verhoudings waarin jy staan.
  • Stilte gee jou geleentheid om by jouself uit te kom.
  • Ons kan die natuur waardeer, die kleinste wurmpie raak sien, ons kinders weer met ander oe bekyk en besef dat ons moet rus, ook in stilte!

Ek wil jou uitdaag om vandag iewers stil te raak. Sit jou hand om jou middel, maak jou oe toe en haal diep asem. Blaas jou asem uit en ervaar die oomblik van stilte.

Wil jy nie saam met my nou stil raak nie? Dit is 'n geleentheid wat ons as moderne mens nooit moet verloor nie!

Stephan Van Heerden (Klipkerk.co.za)