• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

wineskin3005Die meeste van ons is bewus van die wonderlike verhaal van nuwe wyn in ou sakke soos vertel in die bybel. Nou ek wil nie oor die verhaal uitbrei nie, maar ek wil tog die volgende beginsels deel met betrekking tot die opvoeding van ons kinders en die skep van gesonde families.

Ons moet bewus raak van ons eie kindwees fase. Dink aan jou gevoelens in sekere fases van jou lewe. Wanneer was jy hartseer? Wanneer het jy alleen gevoel? Wanneer is jy deur iemand afgebreek en verneder en wat het jy in jou menswees ervaar?

  • Op watter wyse het jy van jou opgeboude gevoelens en emosies ontslae geraak?
  • Kon jy met jou ouers verskil?
  • Het jy as kind seergekry en het jy dit weer later oorgeplaas op jou eie kinders?
  • Wat dra jy vandag nog saam in jou persoonlikheid wat jou innerlik seer maak en lam lê?

Hierdie vrae is deel van die kern van jou innerlike menswees en die seer wat jy dalk van familie tot familie oordra. Die ou patrone herhaal homself! Die hartseer is dat ons nooit ons innerlike seer raaksien nie en elke keer word die nuwe wyn in ou sakke gegooi.  Die wyn in die ou sakke verloor mettertyd hulle smaak en kleur. Dit word suur en moet weggegooi word. Jy raak vasgevang in die ou bekende patrone en besef nie dat daar altyd nuwe manier van dink en doen is nie. Jy verloor jouself en sien die mooi en geleenthede in die lewe net nie meer raak nie. So, terloops: ken jy die verhaal? Dalk is dit ook deel van jou lewe? Onthou: Jy kan anders wees en dink- nuwe wyn in nuwe sakke wees!

Stephan Van Heerden (www.klipkerk.co.za)