• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Roebuck2805Talle van die wêreld se suksesvolste mense is eens as mislukkings beskou. 'n Bankier van die Amerikaanse staat Iowa het Alexander Graham Bell (uitvinder van die telefoon) uitgelag en aangesê om sy 'speelding' te verwyder. Dis nou 'n verspeelde beleggingsgeleentheid!

'n Filmprodusent het die draaiboek van Gone with the Wind afgekeur. In 1906 het die grootste belegger van die motor magnaat Henry Ford versoek dat sy aandele verkoop moet word omdat hy nie oortuig was dat die maatskappy sou slaag nie. Dink net hoe spyt die persoon later was!

Meneer Roebuck het sy aandeel in die Sears en Roebuck winkel teen 25 000 Amerikaanse doller verkoop omdat hy oortuig was die maatskappy sou misluk. Dit het egter geslaag en het later goedere ter waarde van 4 000 Amerikaanse doller per sekonde verkoop!

Verstaan mooi: jý het alles wat elke suksesvolle mens nog ooit gehad het - en boonop vir God. Dieselfde God van die Rooi See, die leeukuil, en die mure van Jerigo is jou God! Begrawe dus die verlede en kyk slegs vorentoe. Vier jou oorlewing. Die duiwel het jou wel probeer vernietig, maar hy het misluk. Ten spyte van alles wat jy moes deurmaak, is jy 'n lewende wonder van God se genade. Hy het jou nie om dowe neute gespaar nie. Vind uit waarom jý gespaar is en maak daarvan jou lewensroeping.

Soms dink ons ons beproewing is swaarder as Job s'n! Job het op God vertrou en oorwin. Daar staan nie verniet nie, 'Raak ontslae van jou sondes. Los alle ongeregtigheid agter jou. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)