• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

resurrection1302Max Lucado skryf, 'Ek het die paragraaf talle kere gelees sonder om dit raak te sien. Miskien omdat die Opstanding so opwindend is...die verbasing van die vroue omdat die klip weggerol was, die woorde van die engel "Hy is nie hier nie. Hy is opgewek uit die dood!" Lees egter verder en geniet hierdie juweel.

"Maar gaan sê julle vir sy dissipels, Petrus ingesluit: Hy gaan julle solank vooruit na Galilea toe" Die ganse hemel het Petrus se val aanskou, en wou hom ophelp. "Maak seker dat jy Petrus laat weet hy is nie uitgesluit nie. Een mislukking maak nie van hom 'n nikswerd nie."

Daar is nie veel tweede kanse in die hedendaagse wêreld nie, vra maar die jongeling wat nie die span gehaal het nie, die persoon wat afgedank is, die ma van drie kinders wat vir 'n "jong poppie" verruil is. Deesdae geld die volgende: "Ons verdra nie onbevoegdheid nie" of "Min plek op die boonste sport" of "Drie slae en jy is uit" (bofbal) of "Dis almal teen almal". Jesus het 'n eenvoudige antwoord; "Maak seker dat Petrus weet hy kan weer kolf." Tweede kanse is nie volop nie. Petrus het dit besef en die volgende keer wat hy Jesus gesien het, het hy sonder meer in die See van Galilea gespring! Dit het hierdie eenvoudige Galileër ook aangespoor om die evangelie van die tweede kans na Rome uit te dra, waar hy tereggestel is. Indien jy ooit voorheen gewonder het wat 'n mens gewillig sou maak om onderstebo gekruisig te word, weet jy miskien nou. Mens kom nie dikwels iemand teë wat aan jou 'n tweede kans sal bied nie - nog minder iemand wat dit elke dag aan jou bied. In Jesus het Petrus so iemand gevind.' Jy sal ook!

Bron : Radiokansel