• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

2012-01-19 231351'n Voorligter skryf, 'Almal van ons is al seergemaak. Wie maak ons seer? Diegene wat ons liefhet en vir wie ons lief is. Dis gewoonlik die mense na aan ons wat ons verwerp, in die steek gelaat, misbruik, gemanipuleer of onteer laat voel: ouers, vriende, huweliksmaats, kinders, onderwysers, leraars. Dis waarom vergifnis so moeilik is.

Want dis ons harte wat verwond is! Ons roep uit, "Jy, wat ek dog ek kon vertrou, jy het my in die steek gelaat. Hoe kan ek dit ooit vergewe?" Hoewel vergifnis onmoontlik lyk, sal die God wat in ons lewe aan ons die genade skenk om, ten spyte van ons gekweste self, te sê, "In die naam van Christus vergewe ek jou." Onthou daar is twee kante: gee en ontvang. Dit lyk miskien asof gee moeiliker is.

Ons kan dikwels egter nie gee nie, omdat ons self nog nie ontvang het nie. Slegs as mense wat die vreugde van volle vergifnis gesmaak het, kan ons dit ook gee. Hoekom is ontvang so moeilik? Want dis moeilik om te erken dat dit wat gebeur het my steeds beïnvloed wanneer jy my nog nie vergewe het nie. Ek het jou nodig om my vry te help maak en weer heel te word. Dit verg nie alleen die belydenis dat ons seergemaak is nie, maar ook die nederigheid om ons afhanklikheid juis van die persoon wat ons seergemaak het, te erken. Dis slegs wanneer ons vergifnis kan ontvang dat ons dit waarlik aan ander kan bied.' Dis waarom die Bybel sê, 'Raak ontslae van alle bitterheid, woede. Wees eerder vriendelik met mekaar. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.' (Efesiërs 4:31-32).

Bron : Radiokansel