• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

2011-11-27 212531Satan het 'n wêreldwye konvensie van demone toegespreek en gesê: 'So lank as wat Christene naby aan God is, het ons geen mag oor hulle nie, dus:

1. Hou hulle besig met onbelangrike dinge.

2. Verlei hulle om te veel geld uit te gee en skuld aan te gaan.

3. Dwing hulle om lang ure te werk om hulle leë lewenswyse te kan onderhou.

4. Ontmoedig hulle om kwaliteit tyd met hulle gesinne deur te bring. Wanneer hulle gesinslewe dan in duie stort, bly daar slegs werk vir hulle oor.

5. Oorstimuleer hulle met die TV en rekenaars, sodat hulle God se stem nie kan hoor nie.

6. Gooi hulle toe met koerante en tydskrifte, sodat hulle geen tyd het om die Bybel te lees nie.

7. Hou hulle aan die jaag na materiële dinge; bombardeer hulle met loterye, promosies en gou-ryk-word skemas.

8. Gebruik glansende skoonhede in die media, sodat hulle op die uiterlike fokus en ontevrede met hulleself en hulle lewensmaats word.

9. Maak seker dat paartjies te moeg is vir intimiteit; hulle sal elders daarna soek.

10. Maak seker Kersvader en die Paashaas oorheers hierdie dae, sodat die ware betekenis daarvan verlore gaan.

11. Hou hulle besig met 'goeie' werke, dan sal hulle nie tyd hê vir die 'ewige' nie.

12. Maak hulle selfgenoegsaam. Hou hulle so besig met werk deur hulle eie krag dat hulle nooit die vreugde ondervind van God se krag deur hulle nie.

Doen hierdie dinge nougeset. Dit sal werk!'

Het jy al vasgestel wat die verskil is tussen 'besig', en 'besig met jou Goddelike roeping'?

Moenie toelaat dat Satan jou met onbenullighede besig hou nie!

Bron : Radiokansel