• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

trap2707'n Muis het 'n muisval in die plaashuis opgemerk. Ontsteld het hy na sy vriende gehardloop en hulle vertel. Die hoender het gesê, 'Jammer maat, nie my probleem nie.' Die vark het gesê, 'Ek bid vir jou.' Die bees was besig en het gesê hy moet later terugkom. Die arme muis moes maar alleen die probleem aanpak. Daardie nag het 'n giftige slang in die huis gekom en die boervrou gepik. Sy het 'n hewige koors ontwikkel. Soos almal weet, is hoendersop goed vir koors. Die boer het dus die hoender geslag. Sy vrou se toestand het bly versleg en die boer moes ook die vark slag om die bure, wat op die plaas byeengekom het, te voed. Oplaas is sy vrou oorlede en die boer moes noodgedwonge ook die bees slag om aan die begrafnisgangers kos te verskaf. Almal het dus op die ou einde verloor!

Die Bybel sê, '...praat die depressiewes moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal.' Dit verg slegs die volgende om 'n aanmoediger te wees: gewilligheid om '...die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie...' (Romeine 15:1 1983-Vertaling). Voordat jy besluit iemand anders se probleme traak jou nie, lees hier: '...As een lid swaarkry, kry al die lede saam swaar...' (1 Korintiërs 12:26). Jy kan nie sonder meer ander se hartseer ignoreer nie; dit kan môre met jou gebeur! Ons word aangesê om '...ander gelowiges wat swaarkry [te help]...' (Galasiërs 6:2 NLV). Wanneer een van ons bedreig word, is almal in gevaar. Ons lewens is ineengevleg om 'n rede; elkeen van ons is 'n onmisbare draad in 'n ander se tapisserie.

Bron : Radiokansel