• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

jesusSpeaking2207Jy kan My nie voel nie, en tog is Ek die krag in jou hande, Ek is besig om jou te lei, al verstaan jy nie My weë nie, Ek is besig om te werk, al sien jy nie My werke nie, Ek is nie vreemde weë nie. Ek is geen misterie nie, Net in absolute stilte, waar die eie ek nie meer bestaan nie, sal jy My ken soos Ek is, en selfs dan sal dit 'n gewaarwording en geloof wees.

Tog is Ek hier. Ek hoor. Ek antwoord. As jy my nodig het, Ek is hier. Selfs al twyfel jy soms in My, is Ek hier. As jy eensaam en alleen is, is Ek hier. As jy bang is, is Ek hier. As jy in pyn is, is Ek hier. Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie. Ek is in jou, en jy in My. Al gaan jy in 'n dal van doodskaduwee is Ek met jou. Ek sal jou nooit faal nie. Al is jou geloof in My nog klein sal, My geloof in jou nooit wankel nie, want. Ek ken jou, en Ek het jou lief. Geliefde, hier is Ek." Sit jou hand in myne en ek sal jou styf teen my boesem vashou al die dae van jou lewe. Ek het jou uit vele gekies jy is my kind en Ek is jou VADER.

Ingestuur deur André