• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

training1707Stephanie Voiland skryf: 'My vriendin het maande lank na werk gesoek, en toe dit nie gerealiseer het nie, het sy moedeloos begin raak. Sy het nie televisie gekyk nie, want sy het geglo dat God hierdie tyd aan haar gegee het om oor haar eindbestemming te besin. Gedurende dié folterende maande het God op maniere verskyn wat meer beteken het as enige werksaanbod. Sy het probeer om 'n manier te vind om haarself te onderhou; Hy het haar 'n dieper afhanklikheid van Hom geleer. Terwyl sy op 'n oproep gewag het, het God met haar siel gepraat. Sy was op soek na 'n 'towergees' met kitsoplossings; God het haar verstom met Sy grootsheid. Sy het uiteindelik 'n pos gekry en was dankbaar maar sy was selfs meer dankbaar om te leer hoe God ons ontmoet deur te wag op maniere ver buite dit wat ons kan vra of verbeel.

Soms, in die moeilikste oomblikke, word Sy ingryping duidelik, ons kry die perfekte pos, die fisiese herstel, die broodnodige fondse, en die wag is verby. Ander kere bewerk Hy die wonder in ons.' God gebruik moeilike tye soos 'n suiweringsproses om ons voor te berei vir iets groter. Hy laat die beproewing by dié aspek van ons lewe wat verandering nodig het, pas, en soos ons meer volwasse word, wysig om ons iets nuuts te leer. Atlete begin met ligte gewigte oefen. Soos hulle sterker word, kan hulle al swaarder gewigte hanteer. Soos jy in die geloof groei, sal struikelblokke wat eens onoorkombaar gelyk het, vir jou nietighede begin word.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)