• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

frontdoor2806'n Vrou het haar voordeur oopgemaak en 'n man daar gevind. 'Jammer om te pla, maar ek kollekteer geld vir 'n arm gesin in die omgewing' het hy gesê. 'Die pa is werkloos, die kinders honger, die krag gaan afgesny word, en hulle gaan uit hulle woonstel geskop word as hulle nie teen vanmiddag die huurgeld betaal nie.' Die ontstelde vrou het geantwoord, 'Ek sal graag help, maar wie is u?' Hy het geantwoord, 'Die eienaar van die woonstel.'

Duidelik was die man meer begaan oor sy huurgeld as oor die huisgesin. Hoewel sy optrede nie onwettig was nie, was dit verkeerd. Terwyl hy voorgegee het dat hy sy naaste help, het hy net na sy eie belange omgesien. Die Fariseërs het gebid, gevas en geld aan die armes gegee; dit was egter net om ander te beïndruk. Jesus het gesê: '"Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.' 'Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie...' (Matteus 6:1-5 NLV). Jesus het ook gesê, '"...Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!"' (Matteus 5:16 NLV).

Jou optrede moet God verheerlik.

Bron Radiokansel (Inhoud aangepas)