• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

funeral2706Bryan Wilkerson vertel oor 'n vriend se begrafnis: 'Die man...was 'n Christen - skerp, hardwerkend, en dinamies. Hy het gehelp om twee hospitale tot stand te bring ... betrokke by die plaaslike sokkervereniging ... gereis...was 'n koorlid ... merkwaardige energie en vermoë...Maar niemand het enigiets oor sy spirituele invloed gesê nie. Hy het baie mense in sokker laat belangstel, maar het min na ... Christus gelei. Die pastoor kon niks oor sy bydrae sê nie ... behalwe dat hy krities oor die preek was. Sy vrou en kinders het min gesê; hulle het nie veel aandag gekry nie. Dink net wat hy sou kon bereik as hy sy tyd en talente aan God geoffer het.

Vergelyk dit met 'n ander begrafnis wat ek bygewoon het. Hierdie man was ook hoogaangeskrewe in die sekulêre gemeenskap. Maar hy het nougeset sy dae en hulpbronne getel en hulle aan God geoffer. Mense het nie oor sy sukses en invloed in die sakewêreld gepraat nie, maar oor sy spirituele impak...hoe hy hulle na Christus gestuur het...sy leierskap en ondersteuning aan Christelike bediening...sy jare van kerkdiens ...sy sendingreise ... Sy gesin het vertel van sy liefde vir die Woord... sy liefde vir hulle ...sy getrouheid as eggenoot en vader ... Ek onthou ...ek wens die ganse kerk kon daar wees om te sien wat God kan doen met iemand wat elke dag sy lewe aan Hom offer.' Hoeveel mense het jy al na Hom gelei? Waarin belê jy jou tyd, skatte en talente? God se gawes is nooit lenings nie, hulle is deposito's en Hy verwag 'n opbrengs. Elkeen het dieselfde aantal ure in die dag. Die verskil tussen wen en verloor, is hoe jy hulle gebruik.

Bron : Radiokansel / Bob en Debby Gass