• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

money1105Geld kan 'n bed koop, maar nie slaap nie; boeke maar nie verstand nie; voedsel maar nie eetlus nie; 'n huis maar nie 'n tuiste nie; medikasie maar nie gesondheid nie; luukses maar nie geluk nie, en godsdiens maar nie verlossing nie. Beteken dit dat God nie wil hê dat ek geld moet hê nie? Allermins; Hy sal meer geld aan jou toevertrou wanneer jy wys dat jou vertroue nié op jou geld is nie, maar op Hóm alleen. (1 Timoteus 6:17).

Die Bybel leer drie dinge oor geld:

1) Wanneer jy 'n goeie bestuurder van jou besittings is , sal God meer aan jou toevertrou. '...het hy hierdie slawe aan wie hy die geld gegee het, geroep met die doel om agter te kom watter wins hulle gemaak het. Die eerste het aangetree en gesê: 'Meneer, u muntstuk het 'n wins van tien muntstukke opgelewer.' Sy reaksie was: 'Goedgedoen, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien stede.' (Luke 19:15-17 NLV).

2) Wanneer jy ander dien, sal God meer aan jou toevertrou. Toe Job die fokus van homself na ander verskuif en vir húlle gebid het, '... het die Here hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.' (Job 42:10 NLV).

3) Wanneer jy die materiële kan versaak om God se wil te doen, sal God meer aan jou toevertrou. Abraham het die veiligheid van sy huis verlaat en getrek soos God beveel het, en 'n baie ryk man geword. Die ryk jong man, aan die ander kant, wou Christus nie volg nie, omdat dit te veel sou kos. (Sien Markus 10:17-22). Wat was die koste? Alles!

Bron : Radiokansel