• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ant0104Jou lewe sal nooit verander nie, totdat jy besluit om iets wat jy daagliks doen, te verander. Nie sukses of mislukking gebeur ewe skielik nie; albei is 'n proses. Elke dag van jou lewe is maar net die voorbereiding vir die volgende dag. Die kwessie is, waarvoor berei jy jou voor? Oefen jy jou vir sukses of mislukking? Jy sal die vrugte van sukses alleen kan pluk as jy hard gewerk het daarvoor.

Onthou jy die verhaal van die mier en die sprinkaan? Die mier werk hard daaraan om sy kosvoorraad gedurende die somer op te gaar. Die sprinkaan speel deur die hele somer. In die winter het die mier genoeg kos en geniet die lewe. Hy het klaar die prys betaal, hy geniet nou die beloning. Die sprinkaan is egter buite in die koue en hy is honger! Hy het nooit besef dat die enigste voldoende voorsiening vir die dag van more die regte gebruik van die dag van vandag is nie!

Het jy toe jy nog op skool was ooit so goed vir 'n toets voorberei dat jy met vertroue kon skryf, wetende dat jy met vlieënde vaandels sou slaag? Jou alledaagse bestaan kán ook sulke vertroue inhou. Ongelukkig lei meeste van ons nie ons lewens nie, ons aanvaar dit maar net. Die lewe is nie 'n kleedrepetisie nie, Jy kry geen tweede kans nie. Benjamin Disraeli, 'n Britse Eerste Minister, het gesê, 'Die geheim van sukses in die lewe is dat 'n mens gereed moet wees wanneer sy tyd kom.' Beantwoord hierdie vraag: as God aan jou die dinge gee waarvoor jy bid, sal jy dit kan hanteer?

Bron : Radiokansel