• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Paul-Newman1901'n Vrou wat in Kansas City 'n roomys gaan koop het, het skielik van aangesig tot aangesig gekom met die akteur Paul Newman, wat besig was met die verfilming van Mr. and Mrs. Bridge. Hy het gegroet en sy priemende blou oë het haar knieë laat swik. Sy het dit darem reggekry om te betaal en omgedraai om te loop. Toe sy tot verhaal kom, het sy besef sy is sonder die roomys daar uit. Sy het teruggedraai en Newman in die deur van die winkel sien staan. 'Soek jy na jou roomys?' het hy gevra. Sy het net geknik. 'Jy het dit saam met jou kleingeld in jou handsak gesit,' het hy glimlaggend gesê.

Wanneer laas het jou knieë lam geword, jou polsslag gejaag en jou hart oorweldig gevoel deur lofprysing aan God?

'n Skrywer van gesange sê aanbidding is om 'verdiep in verwondering, liefde en lofprysing' te wees. Die Psalmdigter skryf oor die hele spektrum van menslike emosie, maar fokus veral op een tema: lofprysing.

In die laaste Psalm skryf hy: 'Loof die Here! Loof God in sy heiligdom! Loof Hom onder sy grote uitspansel! Loof Hom vir sy magtige dade. Loof Hom vir sy eindelose grootheid. Loof Hom met die ramshoring. Loof Hom met lier en harp! Loof Hom met tamboeryn en koordanse. Loof Hom met snaarinstrumente en fluite! Loof Hom met die klank van simbale. Loof Hom met galmende simbale. Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!' (vv. 1-6 NLV).

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)