• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Untitled Document

imagesSoms moet mens net aanhou al is jy moedeloos; jy sal jou 'tweede asem' kry. Volharding maak van mense wenners. Die Bybel sê, 'Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard...' (Jakobus1:12 NLV).

Al ooit gehoor van Thomas Starzl? Hy het as mediese student in die oorplanting van organe begin belangstel. Reeds in 1958 het hy die lewers van honde verwyder en ander lewers in die diere oorgeplant. Al die honde het egter binne twee dae na die operasie gevrek. 'n Jaar later het hy 'n manier gevind om hulle bloedsirkulasie te stabiliseer en die honde het vir 'n week geleef. In Maart 1963 het hy die eerste leweroorplanting op 'n mens gedoen, maar die persoon het doodgebloei. Daardie mislukking, asook 'n hepatitis-epidemie wat gedurende die sestigerjare wêreldwyd deur oorplantingsentra versprei het, het hom geforseer om sy program te staak.

Hy het egter nie tou opgegooi nie. In 1968 het Starzl die resultate van nuwe oorplantingtoetse bekend gemaak. Al sewe kankerpasiënte het oorleef, hoewel vier van hulle binne ses maande daarna dood is - 'n bemoedigende resultaat, maar definitief nie skitterend nie. Teen 1975 was daar wêreldwyd net twee leweroorplanting-programme oor. Starzl en sy span het egter, drie-en-twintig jaar nadat hulle begin het, uiteindelik sukses behaal: negentien uit twee-en-twintig pasiënte het lank oorleef. Starzl is deur die mediese wêreld gekritiseer, en selfs uitgekryt, maar hy het volhard. Ons behoort bly te wees dat hy wél volhard het. Leweroorplantings is deesdae roetine operasies en lewerpasiënte, wat voorheen geen hoop gehad het nie, kan nou 'n vol lewe lei. Dit maak nie saak wat jóú taak is nie, hou net aan!

Bron: Radiokansel (Inhoud aangepas)