• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Untitled Document

ImageGladys Aylward, 'n sendeling tydens die Tweede Wêreldoorlog in China, is deur 'n Japanese inval in Yuncheng gedwing om met die honderd weeskinders in haar sorg te vlug. Sy het met die hulp van net een assistent die wesies oor die berge na veiligheid gelei. Sy moes voortdurend teen haar vrees veg, en een oggend na 'n slapelose nag was sy oortuig dat hulle sou misluk. 'n Meisie het haar aan die verhaal van Moses en die Rooi See herinner. 'Maar ek is nié Moses nie,' het Gladys moedeloos gesug. 'Natuurlik is jy nie,' het die meisie gesê, 'maar God is nog steeds God!' Gladys en die kinders het wél veiligheid bereik en so weereens bewys dat hóé ontoereikend óns ook al voel, God steeds God is, en ons Hom kan vertrou.

God maak soms die storm stil, ander kere laat Hy die storm woed en maak ons stil. Watter metode Hy ook al gebruik, Hy bring ons veilig anderkant uit. Ons het altyd dié keuse: ons gee ons laste aan God, óf ons probeer om dit sélf te dra. Hoe voorsien God? Een dag op 'n slag. God het vir die Israeliete in die woestyn elke dag manna uit die hemel gestuur. Elke gesin het net genoeg vir die dag se behoeftes gekry, niks meer en niks minder nie. Manna kon nie opgegaar word vir die volgende dag nie - dit het sleg geword. Dis God se manier: vertrou op Hom vir vandag en laat môre aan Hom oor.

'Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg.'

Bron : Radiokansel