• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Die olie loop af

Steve_Morrow2409Mense kan jou ophef, maar ook aftrek. In April 1993, nadat hy die wendoel aangeteken het wat aan die Arsenal Sokkerklub die Engelse kampioene-trofee besorg het, is Steve Morrow deur sy spanmaats in die lug opgegooi. Hulle het hom egter nagelaat om hom weer te vang, en hy is met 'n gebreekte arm van die veld afgedra.

Die Psalmdigter skryf: 'Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon! Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard... van Aäron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van Hermonberg wat val op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën...' (vv. 1-3 NLV). God se werk is logies. Die olie drup af, nie op nie. Dit baat niks as diegene onder jou dink jy is wonderlik nie, tensy diegene bo jou daarmee saamstem.

Totdat jy voorgaande verstaan, sal jy vatbaar wees vir die invloed van die mense wat, om hulle eie redes, jou wil laat verstaan hoe wonderlik jy eintlik is en hoe jy sake moet reël. In God se koninkryk word jy nie goedgekeur totdat Hý jou goedkeur nie: '"Hý is my geliefde Seun... Doen wat Hy vir julle sê.'" (Matteus 17:5 NLV).

Om enigsins iets belangrik vir God te kan doen, moet jy jou eers onderwerp aan die leierskap van mense wat jou kan inspireer, onderrig, en wanneer die tyd daarvoor ryp is, jou kan vrylaat om jou roeping uit te voer. Leer die protokol wat saam met die pos gaan. Die olie loop af, nie op nie!