• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Untitled Document

LightindarknessChristus se vervolgers het gesê, '"...Hy hits... die volk aan..."' (Lukas 23:5 NLV). Die apostels se vervolgers het gesê, '"Dít is die mense wat die hele wêreld in beroering bring.'" (Handelinge 17:6 NLV). Hulle het almal die waarheid gepraat, want Jesus en sy dissipels was 'doen' mense, eerder as 'laat' mense. Jesus het gesê: '"Julle is die sout wat die aarde 'n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar... Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit dan onder 'n emmer toe nie. Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal. Julle moet so lewe dat julle 'n helder lig uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!"' (Matteus 5:13-16 NLV). Sout moet die kos smaak gee, en 'n lamp moet lig gee.

Al is jy skaam, of nie wel ter tale nie moenie dink jy kan nie deur Jesus gebruik word om die Boodskap te verkondig nie. Jý is dalk die enigste Christen wat sommige mense óóit sal ontmoet;  Ons het 'n groot verantwoordelikheid.

Jim Elliott, wat as sendeling en martelaar gesterf het, het gesê: 'God maak Sy woordverkondigers vuurvlamme. Is ek ontvlambaar? Here, verlos my van die 'dooie asbes' van 'ander dinge'. Deurdrenk my met die olie van U Gees sodat ek 'n vlam kan wees. Maak my U brandstof, vlam van God.' Laat dít vandag jou gebed wees.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)