• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

race300710Die Bybel sê: "Ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanag die wegspring tot by die eindstreep steun. Hy het, ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs nie deur die skande van die kruisdood laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God aan die troon!" (Hebreërs 12:2 NLV). Jesus is nie net die wenstreep en ons die atlete wat ons oë op Hom as eindpaal rig nie. Nee, Jesus is ook ons voorbeeld. Hy is die begin en die einde van ons geloof. Hy het die baan ontwerp, die wedloop perfek gehardloop en ook voltooi. Die Griekse vertaling van "oë vasgenael op Jesus", beteken dat jy uitsluitlik op een ding fokus, dit intens bestudeer en jy alles anders uitsluit.

Goeie atlete kyk na opnames van kampioene se wedlope om hul tegnieke te verstaan. Net so word ons aangemoedig om na Christus se lewe te kyk. Met ander woorde, kyk intens en eksklusief na die Een wat nie slegs die baan ontwerp het nie, maar ook die wedloop perfek voltooi het. Hardloop dan soos Jesus. Lewe soos wat Hy geleef het. Neem besluite soos wat Hy sou. Gehoorsaam nes Hy. Eer die Vader soos Hy gedoen het. Gee jouself oor soos wat Jesus gedoen het.

Fokus jou aandag op Jesus en gee jouself volkome aan Hom oor.

Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)