• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

lifesaverWanneer 'n lewensredder jou probeer red, moet jy hom nie probeer help nie, want in die diep water kan jy maklik moeg word en wanneer jy sink, kan jy hom saam met jou aftrek. Dit is waarom 'n lewensredder gou vir jou sal sê om op te hou spook en hom te vertrou. Net so, is dit belangrik om ook te verstaan dat God nie jou hulp nodig het om jou te red nie!

Die Bybel sê: "...Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se onverdiende goedheid wat maak dat julle gered is!...Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, want dit is God se handewerk" (Efesiërs 2:4-9 NLV). Toe Nikodemus met Jesus kom praat het oor verlossing, het hy verwag dat Jesus hom sou beveel om die wet te gehoorsaam. Wat hierdie prominente geestelike leier nie kon begryp nie, is dat God se verlossing allesomvattend is. Ons kan dit nie verdien nie. God word nie beïndruk deur ons goeie werke nie; in Sy oë is ons beste dade "...soos vuil klere..." (Jesaja 64:6 NLV). Wat 'n oorweldigende gedagte! Robert Lowry het geskryf: "Nothing can for sin atone; nothing but the blood of Jesus. Naught of good that I have done; nothing but the blood of Jesus. Oh precious is the flow, that makes me white as snow. No other fount I know; nothing but the blood of Jesus." Paulus skryf: "...nou spreek God ons vry...en dit sonder enige verdienste van ons kant" (Romeine 3:24 NLV). Hy bied Sy genade vandag vir jou aan. Sal jy dit aanvaar?

Bron: Radiokansel