• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

JailJosef moes deur die put en die tronk gaan om by die paleis uit te kom. Kom ons kyk wat ons by hom kan leer:

(1) Werk aan jouself wanneer dit sleg gaan! Wanneer jy onregverdig behandel word, of ontbering ondergaan, help dit nie om te kla nie. Jy kan nie leer terwyl jy kla nie. Wanneer die lewe jou knak, maak seker dat dit jou op jou knieë knak.

(2) Besef dat self-bevordering nooit die plek kan inneem van goddelike bevordering nie. Telkens wanneer Josef homself probeer bevorder het voor die Farao, het dit teen hom gewerk. Josef moes op die harde manier leer dat sukses alleenlik van God afkomstig is en dat ons Hom daarvoor moet erken. Net God kan die soort bevordering gee wat die moeite werd is.

(3) Wanneer jou droom verwesenlik word, kan dit heel anders wees as wat jy verwag het. As kind het Josef gedroom van mag, maar net vir sy eie gewin. Maar God het 'n groter plan gehad - om 'n nasie te red. Wat Hy in gedagte het, sal jou eie verwagtinge oortref, ander mense ook bevoordeel, en Sy koningkryk bevorder. Bid vandag hierdie gebed: "Here, help my om my swaarkry te sien as 'n stap op pad na volwassenheid en karakter. Laat my geduldig wag totdat U die deur vir my oopmaak, want ware bevordering kom slegs van U af. Help my om te onthou dat ek seën ontvang sodat ek 'n seën kan wees vir ander. Amen."

Kopiereg 2009 Radiokansel