• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Heavy burdenDie armste man in die wêreld is nie die een sonder geld nie, maar die een sonder 'n visie vir sy lewe. Maar visie vereis fokus. En wanneer jy te dun gesprei is, doen jy alles gemiddeld en blink in niks meer uit nie. Net omdat iets goed is, beteken nie dit is reg vir jóú nie. Wanneer jou vurk vol is met opdragte van God, leer om nee te sê vir alles anders. "Nee" sal jou onthef van ander mense se verwagtinge en jou behoefte aan hulle goedkeuring. "Nee" beteken nie nooit nie; dit beteken bloot "nie nou nie." As jy op alle fronte probeer baklei, sal jy net moeg word en nie wen wanneer dit regtig nodig is nie. Spaar eerder jou kragte vir wanneer jou huis op die spel is, of iets anders van belang.

Jy sal altyd verloor wanneer: (a) jy die verkeerde stryd aanpak; (b) jy op die verkeerde tyd baklei; (c) jy baklei wanneer jy nie betrokke moes gewees het nie; (d) jy baklei net om te wen sodat jy goed kan voel oor jouself; (e) jy baklei hoewel die stryd reeds verlore is, maar jou trots jou nie toelaat om dit te aanvaar nie.

Bly gefokus op jou doelwitte. Hou jou oë op die prys wat God voor jou gestel het. As die vyand jou nie kan oorwin nie, sal hy probeer om jou aandag af lei met minder belangrike dinge of jou probeer diskwalifiseer deur swak besluite te neem. In ieder geval sal dit beteken dat hy wen en jy verloor!

Kopiereg 2009 Radiokansel