• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

kennis1609Kennis in die vernaamste velde verdubbel elke vyf jaar. As jy nie bybly nie, gaan jy agterbly. Deur dieselfde lesse oor en oor te herhaal, beteken dat jy nie genoeg leer nie. Leer van diegene wat reeds sukses behaal het in die veld waarin jy dit ook wil behaal. Leer só wat om te doen, en wat nie. Admiraal Hyman Rickover het gesê: "Leer uit die foute van ander, jy sal nooit lank genoeg lewe om hulle almal self te maak nie." Hier volg 'n paar riglyne:

(1) Moenie wegstuur van mense met meer ervaring en kennis as jy nie. Petrus skryf: "God het aan elkeen van julle 'n genadegawe gegee... Met hierdie gawes moet julle mekaar dien..." (1 Pet 4:10 NLV) Ons sukkel almal in sekere areas; maak seker dat jou onsekerheid nie misreken word vir arrogansie nie.

(2) Moenie mense probeer beïndruk deur hul intellektuele gelyke te probeer wees nie. As jy geïntimideerd voel in 'n gesprek, luister aandagtig en vra vrae, praat net oor dit waarvan jy kennis dra, en luister aandagtig na die res. Volgende keer sal jy soveel meer weet.

(3) Moenie vir klas opdaag as jou huiswerk nie gedoen is nie. Wanneer God jou in 'n rigting lei, berei jouself voor. Neem 'n vriend in jou vertroue wat verstaan waar jy jou tans bevind en waarheen jy oppad is. As jy nie so iemand het nie, lees oor die onderwerp totdat jy die basiese begrippe onder die knie het. Salomo sê: "'n Koning het vreugde in bedrewe amptenare." Hoe beter jy jouself voorberei, hoe meer geleenthede sal God oor jou pad bring.

Kopiereg 2009 Radiokansel