• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

burglar0409Satan is 'n dief. Onvergewensgesindheid is een van die deure waarby hy insluip. En jy is die enigste een wat dit kan toemaak. Wanneer jy wakker word en besef hoeveel hy reeds by jou gesteel het, sal jy jouself verkwalik.

Besluit vandag om hierdie 3 beginsels na te streef: Belei, Maak reg (indien moontlik), en neem dan Verantwoordelikheid vir jou lewe. Sodra jy dit gedoen het, kan jy die boek toemaak, God se genade geniet en aanbeweeg. Erken wanneer iets dood is. Geen poging van jou kan 'n lyk weer lewendig maak nie, so teken die doodsertifikaat, begrawe die verlede en beweeg aan. Dit beteken nie dat jy tou opgee nie, maar slegs dat jy jou kragte spaar vir dié dinge wat wel die moeite werd is.

"Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om." Die Griekse interpretasie van die Engelse woord "cast", beteken "gooi dit weg". Wat sleep jy saam met jou rond? Ou pyn? Ou letsels? Ou gevoelens vir iemand wat reeds aanbeweeg het? Gooi dit weg! Jy is besig om jou toekoms prys te gee vir iets wat nie jou tyd of energie verdien nie. "Hy gee vir julle om." God is in staat om die oorsaak van die pyn te verwyder, maar Hy sukkel wel as jy nie jou greep daarop wil laat gaan nie. Hy praat vandag met jou en sê: "Gooi dit weg!"

Kopiereg 2009 Radiokansel