• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

alone1408Soos jy mettertyd ontdek hoe God oor jou voel, sal die wonde uit jou verlede gesond word, en jy in jou menswaardigheid herstel word. Hou op om te glo dat enige iemand anders se geselskap beter is as jou eie. In 'n meningsopname onder duisende "gelukkige" paartjies, het 52% erken dat hulle nie weer met dieselfde mens sou trou nie. Dit is omdat niemand, behalwe God, die geestelike leegheid in ons binneste kan vul nie. Dink vir 'n oomblik hieroor na, dan sal jy besef dat die oplossing vir eensaamheid nie nóg mense is nie - maar wel doel.

Johannes was alleen op die eiland Patmos, 'n strafkolonie, toe God vir hom die wondere van die hemel gewys het. Vandaar die boek Openbaring. Dit was in die tronk waar Paulus van sy grootste werke geskryf het. God het ook Sý grootste werk gedoen toe Hy heeltemal alleen was, met nie 'n siel om Hom te prys nie. Toe het Hy Homself geprys, deur te sê "...dit was goed." (Gen 1:31) Kan jy dit doen? Wanneer ander jou prys is dit 'n weerspieëling van hulle opinie van jou. Maar wanneer jy goed van jouself kan praat, weerspieël dit jou opinie van jouself - en dit is tog daarmee wat jy daagliks moet saamleef. Iewers anderkant eensaamheid is daar tevredenheid wat gebore word uit noodsaak. Wanneer deure in hierdie wêreld vir jou toemaak, swaai hulle skielik in die geestelike wêreld oop en gee jou 'n blik op die moontlikheid van 'n verhouding met God wat jy nooit geken het nie.

Kopiereg 2009 Radiokansel