• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Pestalozzi0907In die vroeë 1800's, het die Switserse leermeester, Johann Pestalozzi geskryf, "Die beste manier om 'n kind van God te leer is om hom bloot te stel aan 'n regte Christen. Die beste manier om hulle te leer van die krag van gebed is om saam met ouers te woon wat bid." Het jy geweet dat 85% van alle kinders wat so grootgemaak word, reeds 'n sterk geloof in Christus het op dertienjarige ouderdom?

Die volgende vrae word gewoonlik gevra:

(1) Is ek verantwoordelik vir my kind se keuses? Uiteindelik is die antwoord nee, maar soms tog ja! As jy wonder oor die geestelike welstand van jou familie, ondersoek eers jou eie hart en gedagtes.

(2) Maar my kinders is reeds volwassenes; is dit nie te laat nie? Nee, God se naam is "Verlosser". Hy kan jou nog 'n kans gee. Hê berou en wy jou lewe toe aan Christus.

(3) Maar wat as ek te bang is om 'n kind in hierdie bose wêreld in te bring? Dit is juis die punt: kinders is die lig wat die duister verdryf. "Omdat hy geglo het, het Noag, toe God hom gewaarsku het oor wat nog nie gesien kon word nie, gehoorsaam en die ark gebou. Daardeur is sy huisgesin gered en die wêreld veroordeel. So het hy 'n erfgenaam geword van die nuwe lewe in gehoorsaamheid aan God wat 'n mens deur geloof ontvang" (Heb 11:7 NLV).

(4) Maar hoe ding ek mee met die negatiewe invloede rondom my? Dit is reeds telke male bewys dat ouers die grootste invloed het op hul kinders se karakter - groter as vriende, skole of enige vorm van die media.

Kopiereg 2009 Radiokansel