• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

arguing2805Het jy al ooit 'n rusie gehad voor die kerk en dan soos 'n huigelaar gevoel regdeur die erediens? Dit is belangrik om die volgende te verstaan: die duiwel weet dat God se Woord net "gesaai kan word in vrede" (Jak 3:18 NLV). Daar is krag in vrede! As die duiwel jou nie kan onstel nie, het hy geen mag oor jou nie. Hy verkry net mag wanneer jy 'dit verloor'. Sy plan is om jou te onstel sodat hy jou vrede kan steel, jou kan ontwrig en deurmekaar maak. Moet dit nie toelaat nie!

Jakobus skryf: "Die wysheid wat van Bo kom is vredeliewend" (Jak 3:17 NLV). In The Message vertolk skrywer Eugene Peterson hierdie skrif as volg: "Ware wysheid, God se wysheid, begin met 'n heilige lewe en samewerking met andere. Dit is sag en redelik, loop oor van genade en seën, en is nie een dag warm en die volgende dag koud nie. Jy kan net 'n gesonde gemeenskap wat na aan God leef kweek as jy hard werk om oor die weg te kom met jou medemens en almal met respek en eer behandel" (Jak 3:17-18 NLV). Let wel dat dit soms "harde werk" is.

So, volgende keer as 'n situasie jou ontstel, vra jouself af, "Wat probeer die vyand nou weer regkry? As ek myself verloor in hierdie emosie, wat sal die gevolge wees?" Wanneer jy onsteld is, verloor jy jou geluk en jy verloor jou krag, want "die blydskap wat die Here gee, sal hulle krag wees" (Ne 8:10 NLV). So bid, oefen selfbeheersing uit en behou jou vrede.

© 2009 Radiokansel.co.za