• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKLogo_RegHet jy al ooit dopgehou hoe iemand met sy hond aan 'n leiband loop en die hond nie wil gaan waar sy eienaar wil gaan nie? Die eienaar beur heeltyd aan die leiband, sleep die hond heen en weer met 'n "stop dit" of "kom hier". Dit is hoe baie van ons lewe. Ons is gebonde aan 'n 'wetsleiband'. "Lees jou Bybel; bid; gaan kerk toe; dra finansieël by; getuig". Dit is inderdaad wat ons moet doen, maar God het nooit bedoel dat ons dit onder die dwang van 'n leiband moet doen nie. Hoe anders is dit wanneer 'n hond en sy eienaar 'n gesonde, sterk verhouding het. Die hond het nie 'n leiband nodig nie. Sy eienaar hoef net te praat en hy gehoorsaam. Ons is nie besig om onsself met honde te vergelyk nie, maar kom ons vergelyk prestasie gebaseerde Christenskap met verhouding gebaseerde Christenskap. Daar is 'n groot verskil!

Paulus skryf: "Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om as bedienaars van die nuwe verbond op te tree, nie met die wet as inhoud nie, maar met die Gees as inhoud. Want die geskrewe letter maak dood, maar die Gees maak lewend" (2 Kor 3: 5-6 NLV).

Toe God jou vrygemaak het, het hy Sy wet in jou hart en verstand geskryf (Sien Heb 10:16). Dit beteken dat hy 'n verhouding met jou wil hê van binne af. Jy behoort nie 'n eksterne stel reëls te volg nie, want jy het God se Woord jou eie gemaak, en dit is jou hartsbegeerte om hom te gehoorsaam en te eerbiedig.

© 2009 Radiokansel.co.za