• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKLogo_RegNie so lank gelede nie, was ons almal verheug oor die goeie ekonomiese toestand. Maar dinge verander vinnig. Stygende brandstofpryse noop ons om voertuie te deel, ons motors te parkeer en die bus te neem. Die huismark is in 'n krisis en die waarde van ons eiendom verdamp soos mis voor die son. Die nuus berig oor 'n tsunami wat Burma tref met 'n dodetal van 100 000 mense. Aardbewings skud China en duisende kinders sterf in die puin van hulle skoolgebou. Orkane, vure en vloede tref die VSA en veroorsaak verwoesting. Dit blyk dat ons gemaksposisie geskud is tot in sy kern.

Maar daar is 'n onderliggende roering. As jy luister sal jy dit hoor: "Dit is tyd om na God te nader, berou te hê, en ons lewenstyl te verander." Dit is 'n ou boodskap vir 'n nuwe generasie. "Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle vergewe en hulle land gesond maak" (2 Kron 7:14 NLV). As jy sou redeneer: "Die mense rondom my sê nie so nie", moet jy ondersoek instel na die geselskap rondom jou! Jesus het gesê dat wanneer een blinde 'n ander blinde lei, altwee in die sloot sal opeindig.

Ons het nie 'n meerderheid nodig om dinge om te keer nie. God het vir Abraham gesê dat net 50 mense wat glo in geregtigheid, Sodom kon red. Selfs in 'n bedorwe kerk wat spesialiseer in "wat God vir jou kan doen en hoe jy Hom kan oorreed om dit te doen", is daar nog mense wat weet wat herlewing beteken en hoe om God te volg totdat dit kom. Die vraag is net, is jy een van hulle?

© Radiokansel.co.za