• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

kunNegentien-jarige Liu Shih-Kun was 'n gesiene konsert pianis in China tot die Kulturele Revolusie alle Westerse invloede verban het. Hy het geweier om sy geliefde musiek te verloën, is bestempel as 'n vyand van die mense, geslaan en in die tronk gegooi. Daar het hy sy tyd verwyl in 'n klein sel met geen boeke, geen papier en nog erger - geen klavier nie. Ses jaar later is hy gevra om in Beijing saam met die Philadelphia Orkes te speel. Na jare sonder oefening het hy briljant opgetree. En 18 maande later, met sy vrylating, het hy weer foutloos gespeel. Die feit dat Liu oorleef het is merkwaardig: dat hy aangehou het om te speel asof hy nooit gestop het nie, is ongelooflik. Sy geheim? Gestroop van alle musiek het Liu vir sewe en 'n half jaar homself gedisiplineer om negatiewe gedagtes uit te sluit en uur na uur te oefen op 'n denkbeeldige klavier.

'n Gerespekteerde berader sê: "Ons besef nie hoe baie ons eie gedagtes bydra tot ons sielsangs nie. Hoe gouer jy 'gedagte aanvalle' stop hoe makliker is dit om weer op dreef te kom. Hoewel hierdie konsep eenvoudig is, is dit nie maklik om uit te voer nie. Sodra jy daarop let sal jy agterkom dat jy baie meer 'gedagte aanvalle' het as wat jy dink." Jy kan nadelige denke stop deur elke gedagte te onderskep om dit "aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Kor 10:5 NLV). Paulus sê: "Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen . bose geeste" (Ef 6:12 NLV).

Jou gedagtes is kragtig. Om dit te oorwin moet jy oorgee aan Christus en beheer uitoefen oor jou gedagtes.

© www.radiokansel.co.za