• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Tim Miller skryf: "My nege-jarige dogter Jennifer het uitgesien na ons familie vakansie. Maar sy het siek geword en die lang verwagte dag by Sea World is vervang deur 'n aandlange reeks van skanderings, x-strale en bloedtoetse by die hopitaal. In die vroeë oggendure het die dokter my moeë dogtertjie vertel dat sy nog een toets moes ondergaan, 'n spinale uittapping. Die prosedure gaan pynlik wees, het hulle gesê. Die dokter het my toe gevra of ek in die kamer gaan bly. Ek het my kop geknik, wetende dat ek nie Jennifer alleen kan los nie. Die dokter het Jennifer gevra om haar klere uit te trek. Sy het skaam na my gekyk asof om te vra of dit reg is. Ek het met my gesig naby hare gelê en haar vasgehou. Toe die naald ingaan het Jennifer gehuil. Soos die pyn erger geword het het sy aanhoudend gesnik, 'Pappa, Pappa, Pappa', haar stem elke keer meer dringend. Dit was asof sy sê:'Pappa, kan jy nie iets doen nie?' My trane het met hare gemeng. My hart was stukkend. Ek was naar. Omdat ek haar liefhet, het ek toegelaat dat sy deur die pynlikste ervaring van haar lewe gaan. Tydens die prosedure het my gedagtes na die Kruis gegaan. Ek het gedink aan die ondraaglike pyn waardeur beide Vader en Seun gegaan het - vir ons.

Maar danksy die Kruis van Christus het ons: (1) Versoening "God. wat ons deur Christus met Homself versoen het" (2 Kor 5:18 NLV). (2) Wedergeboorte ".waardeur julle wedergebore is" (1 Pet 1:23 NLV). (3) Wederopstanding "Elkeen wat .in Hom glo. Ek sal hom op die laaste dag opwek" (Joh 6:40 NLV).

Dank die Here vir die Kruis!


© Radiokansel.co.za