• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageVoordat God vir Adam in die tuin gesit het, het Hy hom "gevorm". God neem ons deur 'n voorbereidingsproses sodat ons presies kan wees soos ons moet wees. Maar voorbereiding neem tyd. God moet ons wispelturigheid, persoonlikheidsgebreke, gebiede van wantroue, onopgeloste probleme uit ons kinderdae, wonde, foute, ens. hanteer. Hoe lank vat dit? Net God weet.
Erken dit, selfs op jou ouderdom het jy steeds 'n paar kinderagtige gewoontes. Enigiemand anders sou al lankal moed opgegee, maar God het 'n plan en Hy het Homself daaraan verbind. Ons moet eintlik elkeen 'n bordjie om ons nek dra wat sê: "In wording. As jy my aanstel, moet jy dit besef. As jy met my trou, moet jy dit weet."
Die Bybel sê: "Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde," (Gen. 2:7, NAV). Waarmee werk God? Stof! En die instrumente waarmee Hy werk, is alles wat jy in jou lewe ondervind. Hulle vorm en verander jou. Hoe meer jy probeer om dinge op jou manier te doen, hoe langer gaan die proses neem. Dit kan dalk vyf jaar vat om te leer hoe om op te hou om mense die heeltyd gelukkig te maak, of tien jaar om op te hou om jammer vir jouself te voel, of twintig jaar om op te hou om heeltyd terug te gaan en jou kinderdae te herleef. Terwyl God die heeltyd vir jou sê: "Hou op!" en jy sê: "Ja, ek weet. Ek gaan van nou af probeer om beter te wees." Dan is daar skielik 'n krisis en die waarheid slaan jou tussen die oë. Op daardie oomblik sê jy: "Weet U wat? Ek gaan al daardie goed agter my los en begin om te leef vir dit wat voor my lê," (sien Filip. 3:13).
© Radio Kansel 2009 (www.radiokansel.co.za)