• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
As jy in die Tweede Wêreldoorlog vir die dapper lede van die Franse Weerstandbeweging gevra het hoe hulle ooit die oorhand oor die bose magte gaan kry, terwyl hulle sleg toegerus en in die minderheid was, sou hulle jou geantwoord het: "Terwyl ons aan hierdie kant van die Kanaal baklei, is 'n weermag aan die ander kant besig om te versamel. Niemand weet presies wanneer nie, maar daar sal binnekort 'n teken gegee word, 'n vloot skepe sal opdaag, ons sal by hulle aansluit en hulle sal aan ons 'n oorwinning gee."
Elke oorlog het sleutelgevegte wat die resultaat beïnvloed, soos byvoorbeeld Waterloo en Gettysburg. Die Stryd van Normandië het die uitslag van die Tweede Wêreldoorlog bepaal, maar dit het nie dadelik 'n einde daaraan gebring nie. Dinge het eers slegter geword voordat dit beter geword het. Op D-dag is die stryd geveg en gewen, maar die oorlog is eers op O-dag beëindig en die oorwinning is behaal.
Ons is hier op aarde besig om 'n stryd te voer teen die bose magte. Ons lewe in afwagting op die trompetgeskal wat Jesus se koms sal aankondig en ons na ons oorwinning sal lei. Jesus het gesê: "Niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie," (Matt. 24:36, NAV). Intussen beveel Hy ons: "Dryf handel totdat ek terugkom," (Luk. 19:13, NAV). Hy gee ook aan ons: "'n Lewende hoop op die  erfenis wat in die hemel . in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word," (1 Pet. 1:3-5, NAV). Christus se erfenis verwyder al ons twyfel oor wat die uitslag sal wees. Ons gaan nie gebroke en verniel rondstrompel nie, ons sal triomfantelik uitmarsjeer, "in volle heerlikheid by Hom  heilig en onberispelik," (Ef. 5:27, NAV). Lewe dus in die lig van God se O-dag!
© Radio Kansel 2009