• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageToe Dawid 'n kans gekry het om wraak te neem nadat Saul probeer het om hom dood te maak, het hy net 'n hoekie van Saul se mantel afgesny. Later, terwyl Saul geslaap het, het een van Dawid se manne gesê: "God het jou vyand nou in jou mag oorgegee." Dawid het geweier. Later het hy vir Saul gesê: "Die Here het u vandag in my mag gegee. Maar ek was nie bereid om my hand te lig teen die gesalfde van die Here nie," (vers 23, OAV). Dawid het Saul nie as 'n vyand gesien nie, Hy het Saul as die gesalfde gesien - God se eiendom. Max Lucado skryf: "'n Rottweiler het op 'n keer ons klein hondjie by die dierehotel aangeval. Sy was vol wonde en haar oor was geskeur. Ek het aan die hond se eienaar geskryf en aangedring daarom dat sy die hond moes uitsit. Toe ek egter die brief aan die eienaar gee, het sy by my gepleit om my besluit te heroorweeg: 'Ek weet die hond het iets verskriklik gedoen, maar ek is besig met sy opleiding en ek is nog nie klaar daarmee nie.'" God sal dieselfde sê van die persoon wat jou aangeval het. Wat hy gedoen het, is onverskoonbaar, maar Ek is nog nie klaar met hom nie."
Hou jy boek van ou oortredinge teen jou? God het gesê: "Moenie self wraak neem nie . Ék sal vergeld," (Rom. 12:19, NAV). As jy self wraak wil neem, sê jy: "God, U hanteer nie my sake goed genoeg nie, U straf hulle nie behoorlik nie, U beweeg nie vinnig genoeg nie." Dick Innes het gesê: "Om seer te kry sonder om te vergewe, onderdruk te word sonder om meer sorgsaam te word, te lei sonder om meer sensitief te word, maak ons lyding sinneloos, futiel, 'n tragiese verlies, die grootste vermorsing van almal."
Laat Jesus jou voorbeeld wees: "Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel," (1 Pet. 2:23, NAV).
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)